18 Augustus 2017 - Bekendstelling van die boek "Ratels op die Lomba"/"Ratels on the Lomba"

Revised: January 01, 1970 Tags:
Leopold Scholtz vertel die storie van 61 Meg Bataljon Groep se Charlie eskadron tydens Op Modular in die boek "Ratels op die Lomba" asook die Engelse weergawe "Ratels on the Lomba" wat op Vrydag 18 Augustus 2017 in Pretoria by die Centurionteater bekend gestel word, dieselfde teater waar die 61 boek verlede jaar bekend gestel is. Die adres vir die Centurionteater is 123 Amkor Road, Centurion, 0157 in Pretoria
 
Die 61 Meg veteranevereniging doen 'n beroep op julle om weer in groot getalle op te ruk vir hierdie geleentheid die Vrydagaand voor die 61 MVV se jaarlikse gedenkdiens om hierdie boek te koop en ook om lekker saam met ons makkers te kuier. Almal is welkom om by te woon, nie net 61 Meg veterane nie. Bring gerus jou familie ook saam. Leopold Scholtz, die skrywer van die boek, sal ook die aand daar was om jou boek vir jou te teken
 
Bespreek solank jou plek deur 'n mail te stuur na steph@matrixmining.com om aan te dui dat jy gaan bywoon en hoeveel boeke jy daardie aand wil koop, maar maak ook seker jou naam verskyn op die gastelys op die 61 Meg Veteranevereniging se Facebookblad by https://www.facebook.com/groups/www.61Mech.org.za/  om jou sitplek te verseker. Hierdie gastelys sal gereeld opdateer word met bevestigings wat per e-mail ontvang word 
 
Die drag vir die aand is Smart Casual en die verrigtinge begin 18h00 vir 18h45. Daar sal ook  'n kontantkroeg wees voor en na die tyd

Documents

    No Documents added

Images