20 Augustus 2011 - 'n Paar finale reelings en bevestigings

Revised: August 17, 2011 Tags:

Drag vir die parade en gedenkdiens

Dienende lede wat bywoon dra Drag 1A.

Die manne wat die 61 Meg Veteranevereniging baadjie en drag gaan dra, dra hulle normale grootte medaljes op die linkerbors bokant die sakwapen. As ‘n 61 Meg bedrewenheidskenteken aan jou toegeken is, kan jy dit op jou baadjie se regterlapel dra.

Die 61 Meg Veteranevereniging het nie ‘n hoofdeksel nie en daarom salueer ons met ‘n gestrekte hand op die linkerbors.

Burgers Broers en 61 Meg klerasie

Jacques Burgers van Burgers Broers sal van 08h00 tot 11h00 in die ingangsportaal wees as jy ‘n golfhemp, golfpet of das wil koop. Jy kan dan ook ‘n baadjie by hom bestel.

As jy intussen iets by Burgers Broers bestel het en nog nie ontvang het nie, bel vir Jacques by 011-782 1055 om te reel dat jy dit voor 08h45 kan afhaal in die voorportaal

61 Mech Veterans Association license sticker

The 61 Mech Veterans Association lisence sticker will be on sale at the entrance at a price of R10 per sticker. You can use it for your lisence disk or as a bumper sticker if you so wish.

The proceeds from these sales will be used to cover the costs of all the activities on 20 August.

Kosreelings

Die Voortrekkerkommando van die Unika laerskool gaan van 08h00 tot 15h00 sorg vir kos en drinkgoed vir die honger massas en hulle sal gestasioneer wees in die Marriers Wood saal wat net agter die JC Lemmer ouditorium is.

Vir die manne wat 08h00 die opening van die 61 Meg museum kom bywoon sal daar reeds lekker warm koffie en vetkoek met maalvleis te koop wees om die dag op die regte noot af te skop.

Die gedagte is om teen 13h15 ‘n ligte middagete van warmbrakke, hamburgers of vetkoeke by die Voortrekkers te koop en dan saam te eet en kuier by die tafels in die Marriers Wood saal. Dis nie nodig om dadelik te verkas na die tyd nie.

Die Moths van die Steel Helmet bomgat sal ook van 13h15 af bier en wyn verkoop vir die mense wat iets meer as gaskoeldrank en vrugtesap wil geniet.

Verkope van boeke en DVD’s

Vanaf 11h15 sal Louis Bothma se boeke te koop wees en veral sy boek “Anderkant Cuito – ‘n Reisverhaal van die Grensoorlog“sal interessant wees vir 61 Meg veterane omdat dit beskryf wat hy beleef het op die 2010 61 Meg Angola ekspedisie.

Rina Jooste se DVD “Captor and Captive“is ook relevant, want daarin is ook ‘n onderhoud met Ep van Lill, ‘n voormalige bevelvoerder van 61 Meg Bataljon Groep, wat in 1978 as deel van Veggroep Juliet deelgeneem het aan die agtervolging van Johan van der Mescht se ontvoerders.

Efpe Senekal se DVD oor die 2010 61 Meg Angola ekspedisie sal ook te koop wees met die insetsel wat op Carte Blanche verskyn het, asook ander interessante onderhoude

Documents

    No Documents added

Images