28 Mei 2009 - Skouerskuur by Casa Mia bomgat in Centurion

Revised: August 09, 2009 Tags:

Skouerskuur op 28 Mei 2009 in Centurion

Die 61 Meg veterane in die Pretoria en Johannesburg omgewing word uitgenooi om op Donderdag , 28 Mei vanaf 16h00 by die Casa Mia bomgat van die MOTHS in Centurion ‘n drankie te kom drink by die kontantkroeg.

Hierdie is ‘n geleentheid om van jou ou makkers weer raak te loop en om ander 61 Meg veterane te leer ken.

Almal is welkom

Hierdie uitnodiging word gerig aan almal wat deel van 61 Meg was, en dit maak nie saak of jy rang of nie rang gehad het nie , dienspligtige of beroepsoldaat was nie , solank jy trots is op die feit dat jy deel van hierdie eenheid was.

Bevestig dat jy kan bywoon

By die vorige skouerskuur was ons 14 veterane gewees wat saamgekuier het op die vooraand van ‘n langnaweek.

Dit sal gaaf wees as jy kan bevestig as jy op 28 Mei kan bywoon, deur dit per mail te bevestig by admin@61Mech.org.za

Padaanwysings

Neem die Jeanlaan afrit op die Ben Schoeman snelweg, en ry in ‘n oostelike rigting tot by die eerste robot, waar jy links draai in Rabiestraat.

Ry in Rabiestraat aan tot by die eerste robot, waar jy links draai in Gloverlaan.

Ry reguit aan in Gloverlaan tot waar die straat ‘n draai na regs maak , en Evenden House in Gloverlaan 139 is dan aan jou linkerkant.Kyk uit vir die tenk wat in die parkeerterrein staan.

Druk die interkom se knoppie, parkeer jou motor en sluit aan by die manne in die MOTHS se kroeg.

Documents

    No Documents added

Images