61 Meg 2012 Angola ekspedisie uitnodiging

Revised: February 28, 2012 Tags:

Volgende jaar se toer is van 7 tot 24 Mei 2012

Van 7 tot 24 Mei 2012 gaan die 61 Meg Veteranevereniging DV weer soos in 2009 en 2010 op ‘n Angola ekspedisie wat deur Koos Moorcroft gelei word. Ons reis deur Namibie en in Angola besoek ons al die belangrike plekke waar 61 Meg in aksie was.Kyk op ons website by die artikels oor die toere van 2009 en 2010 vir die voledige toerprogram.

Almal is welkom om saam te kom toer. Al word die toer gereel deur die 61 Meg Veteranevereniging is die toer oop vir almal wat weer op daardie ver paaie van ons jeug wil gaan ry.

‘n Spesiale geleentheid by Savate saam met die 32 Bataljon Veterane

Ons toer vir 17 dae deur Namibie en Angola en op 19 Mei volgende jaar kom ons op Savate aan waar die 32 Bataljon Veterane saam met ‘n Angolese generaal en ander high brass ‘n spesiale monument op Savate dag gaan inwy. Dit gaan ‘n hoogtepunt van die toer wees en ‘n groot eer om deel van daardie spesiale dag te wees.

Kostes vir die toer

As ons 20 manne op toer is, gaan die toer ons elkeen R15 000 kos, alles ingesluit. Kontak kmoor@telkomsa.net om jou plek te bespreek, en laat weet vir jou ander pelle wat graag op so ‘n avontuur sal wil gaan

As daar manne is wat in hulle eie voertuie wil saamry, kos die toer R7 500 kos ingesluit, maar jy moet dan vir al die res sorg.Hierdie vergunning sal net moontlik wees as ons eers 20 manne gekry het vir die Overlanders.

Navrae

Jy kan vir Jaap Steyn bel by 0829275890 of vir Koos Moorcroft kontak by kmoor@telkomsa.net as jy meer besonderhede wil he.

Documents

    No Documents added

Images