Formele drag van die 61 Meg Veteranevereniging
Die amptelike wapen
Die amptelike wapen van die 61 Meg Veteranevereniging is in oorleg met Militere Heraldiek en die Nasionale Buro vir Heraldiek ontwikkel, en sal voortaan op die 61 Meg Veteranevereniging se amptelike drag verskyn.
Verskaffer van die amptelike 61 Meg Veteranevereniging drag
Burgers Broers van Beyers Naudelaan 189, Northcliff, Johannesburg is die amptelike verskaffers van die amptelike 61 Meg Veteranevereniging drag en hulle kan bestellings landswyd ontvang en aflewer.
Die kontakpersoon by Burgers Broers is Mnr Jacques Burgers by telefoon, 011-782 1055.
Hoe bestel ek my swart blazer en ander 61 Meg Veteranevereniging drag?
As u die amptelike blazer wil bestel, moet u die volgende stappe volg:
- Gaan na ‘n mans klerewinkel en laat hulle vir u ’n baadjie aanpas. Kry die baadjie se grootte.
- Stuur ‘n mail na admin@61Mech.org.za of faks na 086 618 6705 waarin u ‘n amptelike bestelvorm aanvra.
- Op hierdie bestelvorm, gerig aan Burger Broers, sal ons bevestig dat u ‘n ingeskrewe lid is van die 61 Meg Veteranevereniging en geregtig is om die 61 Meg Veteranevereniging drag aan te koop.
- Verskaf die mates wat u by die mans klerewinkel vir u baadjie se grootte gekry het, want die baadjie word op bestelling gemaak.
- Burgers Broers benodig 10 dae van datum van bestelling om die baadjie te lewer.
- U kan die bestelvorm dan faks na Burgers Broers toe, en vir Mnr Jacques Burgers skakel om te bevestig u bestelling is ontvang. U kan ook die bestelvorm self na die winkel toe vat.
- As Mnr Jacques Burgers die prys met u bevestig het, kan u die geld inbetaal in Burgers Broers se bankrekening waarvan die besonderhede op die bestelvorm verskyn.
- Sodra die blazer gereed is, lewer Burger Broers die baadjie aan u of u kom haal dit by die winkel.
Wat gaan dit kos?
Die pryse vir die 61 Meg Veteranevereniging is as volg:
1. Swart blazers
- Poleyster – R400 (groottes 32 tot 44) en R450 (groottes groter as 44)
- Wol – R750 en R820 (groottes groter as 44)
2. Sakwapen op baadjie – R60
3. Kakhi langbroek(Jonty’s 07 BARK) – R329
4. Das – R80
5. Golfkeps – R60
6. Golfhemp – R170
Documents
No Documents added