61 Meg Veteranevereniging - Golfhemp en keps

Revised: April 22, 2012 Tags:

Die 61 Meg Veteranevereniging se golfhemp en keps

Die Burgers Broers in Northcliff is gereed om bestellings te ontvang vir die 61 Meg Veteranevereniging se golfhemp en keps.

Die golf hemp kos R170 , maak nie saak hoe groot die hemp is nie.

Die keps kos R60, en hierdie keps pas op alle koppe. Selfs op party rugbyondersteuners se koppe wie se span so aanhoudend bekers wen.

Hieronder is foto’s van die golf hemp en keps vir jou om ‘n idée te kry oor hoe die produk lyk.

As jy ‘n ingeskrewe lid is van die 61 Meg Veteranevereniging, mag jy maar ‘n golfhemp en keps bestel.

Proses om te bestel

Die Burgers Broers is die enigste verskaffers van die 61 Meg Veteranevereniging se golf hemp en keps, en die volgende proses moet gevolg word om die eienaar daarvan te word:

1. Vra ‘n bestelvorm aan by admin@61Mech.org.za, en ons stuur dit vir jou aan as jy ‘n ingeskrewe lid is en jou jaarlikse fooie is op datum betaal.
2. Voltooi die bestelvorm, en merk duidelik wat is die grootte van die golfhemp wat jy wil bestel.
3. Betaal die geld in Burgers Broers se rekening in, en hulle bankbesonderhede verskyn duidelik op die bestelvorm.
4. As jy ver bly en jy wil hê Burgers Broers moet die golfhemp en/of keps vir jou stuur met voorkeurpos, sal jy R80 ekstra moet betaal vir posgeld.
5. Jy kan ook die golf hemp en/of keps by Burgers Broers in Northcliff kom afhaal as dit gereed is.
6. Faks jou bestelvorm en bewys van betaling na Burgers Broers.
7. Bel vir Jacques Burgers van Burgers Broers by 011-782 1055 om te bevestig dat jou bestelling ontvang is.

Die Burgers Broers sal nie ‘n golfhemp of keps verkoop as hulle nie die amptelike 61 Meg Veteranevereniging bestelvorm en jou bewys van betaling ontvang het nie.

Documents

No Documents added