Algemene jaarvergadering van die 61 Meg Veteranevereniging op 20 Augustus 2011

Revised: July 16, 2011 Tags:

Tweede algemene jaarvergadering van die 61 Meg Veteranevereniging

Al die 61 Meg veterane en belangstellendes word genooi om op Saterdag, 20 Augustus 2011 die tweede algemene jaarvergadering van die 61 Meg Veteranevereniging te kom bywoon by die Nasionale Oorlogmuseum in Saxonwald, Johannesburg.

Hierdie uitnoding is vir almal wat deel was van 61 Meg Bataljon Groep vanaf Januarie 1979 tot en met die ontbinding van die eenheid in 2005. Almal is welkom, en ons sal graag wil sien dat die voormalige weermanne, skutters, kavelariste, kanonniers, seinmanne en sappeurs asook die oudleiers van alle range van 61 Meg hierdie dag kom saam geniet.

Die veterane wat deel was van Veggroep Juliet in 1978 is ook baie welkom by hierdie geleentheid, want hulle is ook deel van ons trotse geskiedenis.

Dit sal lekker wees om baie van die oud NDP’s wat die ruggraat van 61 Meg deur die jare uitgemaak het, by hierdie spesiale dag te ontvang.

Programme for 20 Augustus 2011

08h00: Hys van vlae, opening van 61 Meg museumkamer en registrasie

08h45: 61 Veterane Algemene Jaarvergadering / 61 Veterans Annual General Meeting

09h45: Eregaste en gaste om te sit vir parade en gedenkdiens / Dignataries and guests to be seated for parade and memorial service

10h00: Parade en gedenkdiens / Parade and memorial service

11h15: Koffie, tee en ligte verversings / Coffe, tea and light refreshments

11h45: Voorligting vir Operasies Protea, Daisy en Carrot in JC Lemmer auditorium

13h15: Ligte middagete en drinkgoed te koop en voorsien deur Unika Voortrekker kommando ( hamburgers, hot dogs en vetkoeke)

Confirmation of attendance

The JC Lemmer auditorium seats 176 people, and we encourage you to confirm your attendance to the AGM at 08h45, the parade and memorial service at 10h00 and the briefing for operations Protea, Daisy and Carrot from 11h45 to 13h15

Please confirm your attendance to the 3 events and number of people in your party by e-mail to admin@61Mech.org.za by not later than 31 July.

A list of all the people who have confirmed their attendance will be displayed on our member site at www.61Mech.org.za so that you can see which old faces you will meet up again with on this big day. This list will regularly be kept up to date until all places have been filled.

Drag

Dit sal gaaf wees as u vir u die voorgeskrewe 61 Meg Veteranevereniging baadjie, das en kakhibroek kan aanskaf vir hierdie groot dag op 20 Augustus 2011, maar dis natuurlik nie verpligtend nie. Dis vir ons belangriker dat u daar sal wees om deel te wees van die spesiale dag.

Documents

    No Documents added

Images