Anderkant Cuito - 'n Reisverhaal oor die Grensoorlog

Revised: March 17, 2011 Tags:

Louis Bothma, die skrywer van Die Buffel Struikel, was verlede jaar saam op die 61 Meg Veteranevereniging se 2010 Angola ekspedisie gewees.

Na die toer het hy begin om die boek Anderkant Cuito – ‘n Reisverhaal oor die Grensoorlog te skryf, en hierdie boek is nou beskikbaar op die rakke en dit kan ook direk by Louis bestel word.

Die boek bestaan uit 190 bladsye teks plus 32 bladsye volkleur foto’s. Die prys is R185 per eksemplaar in die boekwinkels. Mense kan getekende eksemplare direk by die skrywer bestel. Sy kontakbesonderhede is 083-2728734 of ‘n epos na bothmalj@mweb.co.za

Totale koste om dit per geregistreerde pos te stuur is R200. Dit sluit in BTW, posgeld en verpakking. Louis is BTW geregistreer.

Documents

Images