Angola ekspedisie: 2010

Revised: July 12, 2010 Tags:

Tydperk

11 Oktober tot 27 Oktober 2010

Roete beskrywing.

1. Dag 1 : Vertrek van Pretoria tot Zeerust, kruis Botswana/RSA grens by Skilpadshek, slaap oor by Kang Kalahari Rest Camp.(785 km)

2. Dag 2 : Kang tot Mamuno Botswana/Namibia grens, kruis grens en beweeg via Gobabis–Windhoek, oornag by Arebush karavaanpark.(739 km)

3. Dag 3 : Windhoek via Okahandja tot Tsumeb, oornag in Tsumeb karavaanpark.(426 km)

4. Dag 4 : Tsumeb tot Ondangwa, oornag Ondangwa ruskamp .(248 km)

5. Dag 5 : Ondangwa–Oshakati–Angola grens–Chetequera Xangongo. Oornag in bos naby Xangongo.(317 km)

Operasies in die gebied

  • Operasie Reindeer – Mei 1978 (Teiken Vietnam/Bravo)
  • Operasie Daisy – November 1981
  • 61 Meg teen Kubane – Calueque 26 Junie 1988

6. Dag 6 : Xangongo via Mongua tot Ondjiva, oornag naby Ondjiva in boskamp.(101 km)

  • Operasie Protea 1981.

7. Dag 7 : Ekstra dag

8. Dag 8 : Ondjiva via Mupa, Cuvelai tot Cassinga. Oornag naby Cassinga in ‘n boskamp.(227 km)

  • Operasie Meebos 1982
  • Operasie Sceptic – Junie 1980 (Doelwit Smokeshell)
  • Operasie Reindeer – Mei 1978 (Doelwit Moskou/Alpha)
  • Operasie Askari – 1983/1984

Cassinga tot Jamba via Indungo (75 km)
Oornag naby Jamba

  • Operasie Firewood

9. Dag 9 : Jamba omgewing tot omgewing Cucchi, oornag naby Cucchi boskamp.(124 km)

10. Dag 10 : Cucchi tot naby Menongue, oornag in boskamp.(88 km)

11. Dag 11 : Menongue omgewing tot Longa, kamp by Longa rivier brug.(97 km)

12. Dag 12 : Longa tot Quito Cuanavale, kruis brug vir ‘n kort end, nog baie myne verder, besigtig slagveld en keer terug tot Longa, oornag weer by Longa.(226 km)

  • Operasie Congress II – 1985
  • Operasie Moduler – 1987
  • Operasie Hooper – 1988
  • Operasie Packer – 1988

13. Dag 13 : Van Longa terug na Menongue en verder suid tot Caiundo op die Okavango Rivier.(194 km)

  • Operasies van 32 Bataljon.

14. Dag 14 : Caiundo volg Okavango rivier suid tot Savate.(147 km)

  • Operasie Savate – 32 Bataljon.

15. Dag 15 : Savate tot Angola/Namibia grens by Katwitwe, kruis grens en vertrek verder Sarasungu Lodge by Rundu–kamp by karavaanpark(258 km)

16. Dag 16 : Rundu tot Kang–oornag by oornag by Kalahari Rest camp.(628 km)

17. Dag 17 : Kang suidwaarts, kruis Botswana/RSA grens–via Zeerust terug tot Pretoria.(785 km)

Kostes.

Die kostes beloop R15,000.00 per persoon, as die groep uit 18 lede op toer bestaan , uitsluitend die gidsgroep.

Indien minder as 18 lede op die toer gaan, sal die kostes dienooreenkomstig aangepas word.

Die kostes sluit in:

  • Die kostes sluit in die begeleiding met ‘n gidsvoertuig wat ‘n Toyota Landcruiser is met Koos Moorcroft as Angola gids en Josè Livingue as Angolese tolk.

Die gidsvoertuig is ten volle toegerus vir herwinningsdoeleindes.

  • Daar is 3 toervoertuie, naamlik:
  • ‘n 10 sitplek Landcruiser met gemaklike sitplekke, lugreëling en ‘n bestuurder
  • ‘n Landcruiser bakkie wat dien as logistieke voertuig met ‘n sleepwa en bestuurder
  • Twee Toyota Hilux voertuie 4×4 met plek vir 8 mense en die bestuurders vir die 2 voertuie kom uit die toerlede.
  • Brandstof vir die voertuie
  • Alle kamp uitrusting
  • Eetgerei
  • 3 Maaltye per dag
  • Voertuigversekering
  • Visums vir Angola
  • Tolhek kostes
  • Alle kampeer kostes – Kang–Botswana ,Windhoek–Namibie ,Tsumeb–Namibie ,Ondangwa–Namibie, Rundu—Namibie en Kang–Botswana

Kostes sluit uit:

  • Slaapsak
  • Kussing
  • Malaria tablette

Administratiewe reelings:

Nuusbriewe sal uitgestuur word om voorbereiding en beplannings prosesse te steun en die reelings te bevestig oor die voorbereiding van dokumentasie asook mediese reelings.

Visum kostes is ingesluit in die prys per persoon en sal twee weke voor vertrek gereël word deur Africa Bushcraft & Survival Adventures.

Documents

    No Documents added

Images