Bestellings vir die DVD van die verrigtinge op 12 Junie 2010

Revised: October 19, 2010 Tags:

Bedankings

Eerstens wil ons almal wat die dag kon bywoon bedank vir hulle opoffering. Ons is almal is oortuig dat dit ‘n groot sukses was. Die AJV is goed bygewoon, die parade was in 61 Meg styl ‘n sukses en die Smokeshell gedenklesing het ons almal weer getref met die offers wat gebring was op 10 Junie 1980.

Kowie en die manne/vroue agter die ete het ons almal met ‘n heerlike maal vergas. Ons dank aan een en elk wat die dag so ‘n reuse sukses help maak het. Daar is te veel name om te noem, maar hulle weet dat ons die gewig wat hulle getrek het, opreg waardeer. Ons is ook oortuig dat die formaat waarin die AJV, parade en gedenklesing aangebied was vir ons die pad vorentoe met die tipe geleenthede aangedui het. Die datum vir 2011 nog nie finaal bepaal is nie, maar waarskynlik sal dit rondom 24 Augustus 2011 gehou word. Onthou die datum en beplan nou al dat alle paaie dan Oorlogsmuseum se rigting toe moet wys. As alles volgens plan beloop sal die 61 Meg Veteranevereniging se museum dan geopen kan word. Meer hieroor later.

Bestellings vir die DVD van die verrigtinge op 12 Junie 2010

Jan Steyn het ‘n baie goeie DVD gemaak van die verrigtinge en ons bemark dit vir R80.00 posgeld en verpakking ingesluit. (Die R75.00 prys van vroëer moes hersien word, jammer). Die DVD’s kan bestel word by Jan per epos, asseblief: jan.steyn@vodamail.co.za Sy bankbesonderhede is:

Naam: JHB Steyn
Bank: Standard Bank
Taknaam: Key – West, Krugersdorp
Takkode: 015841
Rekening nr: 026931605
Tipe: Spaar
Beskrywing: “Jou Naam”: DVD

Belangrik: Geliewe volledige posadres besonderhede en die bewys van betaling aan Jan te epos of te faks (086 532 6751) sodat DVD sy pad na jou kan vind. Hierdie is ‘n collectors item, wat elke oud 61’er in sy rakkie moet hê.

Donasies

Dit is ook so dat die geleentheid, die verskuiwing en oprigting van die items met kostes gepaard gegaan het, wat ons nie ten volle kon delg nie. Indien u enigsins ‘n donasie kan maak sal ons dit baie opreg waardeer. Dankie, veral, aan die veterane wat reeds ‘n bydrae gelewer het. Alle donateurs se name sal behoorlik gelys en vertoon word op ‘n gepaste plek, wat nog bepaal moet word. Indien u oorweging hieraan gee kan u sodanige EFT betaling doen by:

Naam: 61 Mechanised Battalion Group Veterans Association.
Bank: Standard Bank
Rekening nr: 003293661
Tipe: Cheque
Takkode: 630522
Swift address: SBZA ZA JJ
Beskrywing: “Jou Naam”/Donasie

Ons maak staat op julle!

Documents

    No Documents added

Images