Die 61 Meg Veteranevereniging is op soek na foto's vir die 61 Meg boek

Revised: August 11, 2012 Tags:

As jy foto’s het wat jy voel gebruik kan word in die 61 Meg boek wat volgende jaar gepubliseer gaan word, dan nooi ons jou om dit in te scan en aan te stuur na Jaco.Marais@foto24.co.za saam met byskrifte wat verduidelik waar die foto geneem is, waar moontlik vermeld die name van die persone op die foto asook die konteks van die foto – jaar, operasies, ens.

Jy kan ook al jou foto’s saambring op 25 Augustus na die 61 Meg Veteranevereniging se groot dag by die Oorlogmuseum in Johannesburg. Jaco Marais sal sy rekenaar en scanner daar gereed he en dan kan jy jou foto’s op die plek inscan en daarna weer huis toe vat.

As jy intussen navrae het oor hierdie foto’s, kan jy vir Jaco Marais kontak of vir Hannes Jansen van Vuren by hannes.jansenvanvuren@za.ey.com

Ons sal ook graag hierdie foto’s op ons website se member site wil plaas, sodat dit kan help om die jare, operasies en oefeninge se stories ook in beeld te vertel

Documents

    No Documents added

Images