Die Wesrand se skouerskuur skop toe af

Revised: July 31, 2010 Tags:

Die eerste afskop vir die Wesrand skouerskure

Die Wesrand se eerste skouerskuur vir 61 Meg veterane en ondersteuners het op Woensdag, 21 Julie afgeskop by die Warriors Arms bomgat van die Moths in Muldersdrift, naby Krugersdorp.

Negentien 61 Meg veterane het opgedaag vir hierdie eerste skouerskuur en die manne het lekker saam potjiekos geëet en gekuier tot die byle huil.

Hierdie eerste skouerskuur was voorwaar ‘n sukses gewees.

Kontak vir Mike Beyl as jy ook hier wil kom skouerskuur

Mike Beyl is die man wat sorg dat die Wesrand vegspan van die 61 Meg Veteranevereniging bymekaar kom om te skouerskuur, en jy kan hom kontak by 0824507697 as jy hier wil kom saam skouerskuur.

Aanwysings na die Warriors Arms bomgat toe

Die Warriors Arms bomgat is baie naby aan die ou berugte vierrigtingstop net voor ‘n mens daardie steil bult voor Krugersdorp aandurf.

Van Pretoria se kant af, moet jy uitkyk vir die bordjie aan die linkerkant van die pad, en as jy van Krugersdorp af ry gaan jy kort na die vierrigting stop moet regs draai na die bomgat toe.

Documents

    No Documents added

Images