Eerste Kaapse skouerskuur is 'n reuse sukses

Revised: August 19, 2009 Tags:

Suksesvolle skouerskuur vir die 61 Meg veterane in Kaapstad

Op Vrydag 14 Augustus is die eerste skouerskuur vir die Kaapstad en omgewing se 61 Meg veterane gehou en omtrent 20 makkers het opgedaag by hierdie eerste geskiedkundige saamkuier.

Hierdie veterane was verteenwoordigend van die jare 1980 tot 1988 in 61 Meg se bestaan, en die manne het heerlik gesels en gekuier.

Dit was vir die manne lekker gewees om weer van die ou gesigte te sien en om te ervaar hoeveel 61 Meg en sy nalatenskap vir almal beteken. Hier en daar was ook ‘n paar oë wat effens nat geword het, seker maar van die rook.

Ons wil vir die MOTHS van die Blaauwberg Cuca bomgat bedank vir hulle gasvryheid

Die MOTHS van die Blaauwberg Cuca bomgat in Milnerton het goedgunstelik hulle fasiliteite by die Milnerton renbaan vir ons beskikbaar gestel, en ons wil vir Danie van den Berg, Ricky en die ander MOTHS hartlik bedank vir hulle gasvryheid.

Die volgende skouerskuur vir Kaapstad gaan in November wees

Die manne wat hierdie eerste Kaapse skouerskuur bygewoon het , gaan in November weer kans kry wanneer die volgende skouerskuur gehou sal word.

Ons hoop die ander 61 Meg veterane in Kaapstad en omgewing neem kennis van hierdie skouerskure en kom gooi hulle gewig in by die volgende Kaapse skouerskuur.

Hou gerus die website dop vir verdere nuus of mail vir Ariel Hugo by hugo@unifruit.co.za as jy navrae mag he.

Documents

    No Documents added

Images