Eye of the Firestorm - Roland de Vries (Kaapstad) op Vrydag, 10 Mei 2013

Revised: May 01, 2013 Tags:

Ons nooi alle veterane na ‘n reuse 61 MVV skouerskuur waar generaal Roland de Vries se nuutste boek bekend gestel gaan word. Kom luister na die skrywer, koop ‘n getekende eksemplaar, en kuier lekker saam met jou makkers. Worsrolle/Warmbrakke vars van die kole af sal te koop wees en die Moths verkoop drinkgoed teen Armypryse. Almal is welkom!

Date: Friday, May 10
Time:18h00
Place: Blaauwberg Cuca shell hole, Killarney Raceway, Table View, Cape Town

RSVP by Wednesday, May 8
to: willem@loxfin.co.za or topleveleng@telkomsa.net

Jy kan ook gaan kyk op die 61 MVV se Facebook groep 61 MECH BN GP — GONE BUT NOT FORGOTTEN waar hierdie byeenkoms as ’n EVENT gelaai is.Kliek op die EVENT vir Kaapstad. As jy daar aandui of jy gaan bywoon sal Ricky van Staden en Willem van der Vyver op die sisteem rekord he van getalle wat gaan bywoon.

Datums vir die skouerskure in Kaapstad vir 2013

Vrydag, 10 Mei 2013 om 18h00 by die Blaauwberg Cuca bomgat van die Moths in Table View waar Generaal Roland de Vries ’n boekbekendstelling het – Eye of the Firestorm. Detail beskikbaar op webwerf by www.61Mech.org.za en Facebook groep 61 MECH BN GP – GONE BUT NOT FORGOTTEN.

Vrydag, 10 August 2013 om 18:00 by Marshall Smuts bomgat van die Moths in Somerset Wes — Die bevelvoerder van 61 Meg in 1983 gee ‘n vertelling oor die jaar 1983 by 61 Meg asook die beplanning vir Operasie Askari. Ons gaan lekker saamkuier met ’n bring en braai. (Kole en rooster word verskaf). Vroue, kinders en vriende ook baie welkom.

Vrydag, 25 Oktober 2013 om 18h00 by die Blaauwberg Cuca bomgat van die Moths in Table View — Storie aand. Al die manne word genooi om hulle stories te kom vertel van ervarings by 61 Meg.(As jy kan bring ‘n geskrewe kopie saam. Daar sal ook ‘n diktafoon beskikbaar wees. Ons gaan lekker saamkuier met ’n met ‘n bring en braai. (Kole en rooster word verskaf). Vroue, kinders en vriende ook baie welkom.

Documents

    No Documents added

Images