Gedenkdiens op 29 Mei by die Muur van Herinnering

Revised: April 14, 2011 Tags:

Uitnodiging na die herdenkingsdiens op 29 Mei by die Voortrekkermonument

Die Direksie van die Voortrekkermonument en Natuurreservaat (Art 21 maatskappy sonder winsmotief) het genoeë om u en u eggenote of metgesel van harte uit te nooi na ‘n jaarlikse herdenkingsdiens by die SA Weermag Muur van Herinnering vir afgestorwe lede van die SA Weermag, om 09h00 vir 09h40 op Sondag, 29 Mei 2011 en om ‘n krans te lê of ‘n kruis te plant ter herinnering aan al die lede van die SA Weermag wat hul lewens in diens van die land gegee het gedurende die tydperk 31 Mei 1961 (Republiekwording) en 27 April 1994 (Ontbinding van die SA Weermag).

U word ook vriendelik uitgenooi om ‘n sappie te geniet saam met die ander genooide gaste na afloop van die plegtigheid.

Tydsreelings

Gaste word vriendelik versoek om hul sitplekke in te neem teen nie later nie as 09h40, asb.

Roete en plek van aankoms

Roetekaart beskikbaar by www.voortrekkermon.org.za. Beweeg op aankoms antikloksgewys om die Voortrekkermonument tot by die hoof parkeergebied, asb.

Drag

Ampsdrag
Militêre deelnemers: Drag 1.A
Militêre toeskouers: Drag 1.B
Bugerlikes en militêre veterane : Dagpak of Assosiasiedrag, met ordes, dekorasies en medaljes.
Dames: Hoedens opsioneel

Die 61 Meg veterane kan hulle 61 Meg veteranevereniging baadjies saam met ‘n wit oopnekhemp en kakie langbroek (Jontys) dra, en as jy nog nie jou 61 Meg veteranevereniging baadjie het nie kan jy ‘n swart baadjie dra saam met ‘n wit oopnek hemp en kakie langbroek

RSVP

Ten einde die sitplek- en kransleggingsreëlings só akkuraat as moontlik te kan hanteer, word u vriendelik versoek om die aangehegte RSVP-vorm te voltooi en terug te stuur aan hub@voortrekkermon.org.za of 086 615 9587 (faks) teen nie later nie as 9 Mei 2011

Die 61 Meg veterane wat bywoon moet duidelik merk op hierdie vorm dat hulle van die 61 Meg Veteranevereniging is sodat ons almal saam in ‘n groep kan sit

Navrae

Mev Annatjie Erasmus by 012 326 6770 (tel), 086 615 9587 (faks) of ontvangs@voortrekkermon.org.za

Mede-Aanbieders

Die geleentheid word aangebied in samewerking met die besture van ‘n aantal Militêre Veterane-organisasies, wie se besonderhede in die program weergegee sal word.

Documents

Images