Gedenkdiens op 3 Junie by die Muur van Herinnering

Revised: May 13, 2012 Tags:

Uitnodiging na die herdenkingsdiens op 3 Junie 2012 by die Voortrekkermonument

Die Direksies van die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument het genoeë om u en u eggenote of metgesel van harte uit te nooi na ‘n jaarlikse herdenkingsdiens by die SA Weermag Muur van Herinnering vir afgestorwe lede van die SA Weermag, om 09h00 vir 09h40 op Sondag, 3 Junie 2012 en om ‘n krans te lê of ‘n kruis te plant ter herinnering aan al die lede van die SA Weermag wat hul lewens in diens van die land gegee het gedurende die tydperk 31 Mei 1961 (Republiekwording) en 27 April 1994 (Ontbinding van die SA Weermag).

U word ook vriendelik uitgenooi om ‘n sappie te geniet saam met die ander genooide gaste na afloop van die plegtigheid.

Tydsreelings

Gaste word vriendelik versoek om hul sitplekke in te neem teen nie later nie as 09h40, asb.

Roete en plek van aankoms

Roetekaart beskikbaar by www.voortrekkermon.org.za. Beweeg op aankoms antikloksgewys om die Voortrekkermonument tot by die hoof parkeergebied, asb.

Drag

Ampsdrag
Militêre deelnemers: Drag 1.A
Militêre toeskouers: Drag 1.B
Bugerlikes en militêre veterane : Dagpak of Assosiasiedrag, met ordes, dekorasies en medaljes.
Dames: Hoedens opsioneel

Die 61 Meg veterane kan hulle 61 Meg Veteranevereniging drag dra, en as jy nog nie jou 61 Meg Veteranevereniging baadjie het nie kan jy ’n swart baadjie dra saam met ’n wit oopnek hemp en kakie langbroek. Andersins is jy welkom soos jy gemaklik voel.

RSVP

Ten einde die sitplek- en kransleggingsreëlings só akkuraat as moontlik te kan hanteer, word u vriendelik versoek om die aangehegte RSVP-vorm te voltooi en terug te stuur aan thea@erfenisstigting.org.za of 086 615 9587 (faks) teen nie later nie as 15 Mei 2012

Die 61 Meg veterane wat bywoon moet duidelik merk op hierdie vorm dat hulle van die 61 Meg Veteranevereniging is sodat ons almal saam in ’n groep kan sit

Navrae

Mev Thea Furstenburg by 012 326 6770 (tel), 086 615 9587 (faks) of thea@erfenisstigting.org.za

Mede-Aanbieders

Die geleentheid word aangebied in samewerking met die besture van ‘n aantal Militêre Veterane-organisasies, wie se besonderhede in die program weergegee sal word.

Documents

Images