Gedenkdiens van 12 Junie 2010 - Dominee Fanus Hansen se boodskap

Revised: July 10, 2010 Tags:

Hertoewyding van die 61 Meg gedenknaald

Dominee Fanus Hansen het Saterdag ‘n inspirerende boodskap gebring by die hertoewyding van die 61 Meg gedenknaald by die Nasionale Oorlogmuseum in Saxonwald, Johannesburg.

Op hierdie naald verskyn die name van die soldate wat gesterf het terwyl hulle diens gedoen het by 61 Meg Bataljon Groep.

Dominee Fanus Hansen was van 1990 tot 1995 die kapelaan by 61 Meg gewees.

Scripture reading

Reverend Fanus Hansen took the scripture reading from James 5:16 where it is stated:”Therefor confess our sins to each other and pray for each other so that you may be healed. The prayer of a righteous man is powerful and effective.”

In Jakobus 5:16 staan daar:“Julle moet openlik teenoor mekaar erken as julle sonde gedoen het en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wat in die regte verhouding tot God leef, het ‘n kragtige uitwerking.”

Dominee Fanus Hansen se boodskap

Wanneer ek en u vanoggend 61 Meg se vaandel sien wapper,
wanneer ek en u vanoggend 61 Meg se gedenknaald onthul,
wanneer ek en u vanoggend die aanval op Smokeshell basis in herinnering roep,
wanneer ek en u vanoggend terugdink aan makkers wat gesneuwel het, nie meer by ons is nie, seergekry het…..

…dan dink ons dikwels dat ons ‘n stuk konflik moet hanteer.

Yes, many of us think that to have peace within ourselves to find an inner peace I need to get a grip on war! to find peace I need to handle the conflict raging inside of me!

Anders al weer wil sê dat ek geen vrede in myself sal vind, as ek nie eers die lang pad na genesing vind nie…. …en die pad, is proses op proses!

‘n Proses wat op die einde moet uitloop op ‘n skuldigbevinding dit was jý! op ‘n skuldbelydenis mea culpa ek is jammer vergewe my!

Persoonlik dink ek dat ons sukkel met vrede
Persoonlik dink ek dat ons sukkel om vrede te vind
Persoonlik dink ek dat ons sukkel om in vrede te leef Omdat ons so swak sien….

We don’t see what we ought to see…
We don’t see what we really see…
We don’t see in the way others see me… and therefore my conflict continues and therefore the conflict continues between people in our marriages in my family at work wherever we are…..

There is an old Irish saying, an old Irish prayer: “May the Good Lord, the mercy give us, to see ourselves, as other see us!”

As ek en u dan vandag terugdink aan oorlog… terugdink aan stryd… terugdink aan leed… terugdink aan geweld… terugdink aan die dood van ‘n geliefde… terugdink aan bloedvergieting… dan kan ons nogal lank sit en bespiegel, dalk selfs by die een of ander antwoord uitkom; man dit was sinvol — die Namibiërs getuig daarvan, dit was aan die einde goed, die oorgang in die land kon onderhandel word, dit was al moontlikheid, moes ons hande in die lug oorgee? ons was maar net goeie soldate wat die opdrag van die regering van die dag uitgevoer het…

Maybe we must try to reflect on ourselves in the words of an old Bob Dylan song…

How many roads must a man walk down, before you call him a man? Yes how many times must a cannon ball fly, before they’re forever banned?

The answer my friend, is blowing in the wind, the answer is blowing in the wind…..

How many times must a man look up, before he can see the sky? Yes how many ears must one man have, before he can hear people cry? Yes how many deaths will it take till he knows, that too many people have died?

The answer my friend, is blowing in the wind, the answer is blowing in the wind…..

As ‘n geloofsgemeenskap, gaan ek en u moet begin sien, wat ons al lankal mis, wat ons al lankal ontbeer het, aan die een kant omdat ons te dom was, aan die ander kant omdat ons te blind was.
Want kom ons weer maar eerlik — te dikwels verkies ek oorlog, bo vrede.
Vandag is ons mense met berou vandag is ons mense met hartseer vandag is ons mense met droefheid vandag is ons mense met verspeelde geleenthede oor bloed wat vergiet is, oor onnodig? oor onherstelbaar, oor smart wat ontketen is….

Om vandag vir mekaar jammer te sê; is om name te gee, is om te benoem, is om te vertel… wie EK regtig is!
Om vandag vir mekaar jammer te sê; is om op te kyk, is om in die oë van God te kyk is om ‘n krui s raak te sien

en om dan die woorde van die groot kerkhervormer Martin Luther te onthou:

“die enigste verkeerd wat ek kan onthou, is sonde, maar sonde wat my rééds vergewe is….”

Dan gaan ek aan, ‘n toekoms tegemoet, gesond, vergewe, versoen.

Amen

Documents

Images