Hernuwing van lidmaatskap van die 61 Meg Veteranevereniging

Revised: April 22, 2012 Tags:

Lidmaatskap van die 61 Meg Veteranevereniging

Sedert einde Februarie 2009 kon soldate wat diens gedoen het by Veggroep Juliet en 61 Meg of wat saam met 61 Meg deelgeneem het aan ‘n operasie of oefening, op die webwerf by www.61Mech.org.za aansluit by die 61 Meg Veteranevereniging.

Die gedagte is om almal wat deel was van Veggroep Juliet en 61 Meg te betrek, van die sjef, kanonnier, kavelaris, skutter, weerman, seinman, sappeur, junior en senior leiers tot heelbo in die rangstrukture. Almal het hulle eie belewenisse gehad, en ons wil al daardie belewenisse op ons webwerf boekstaaf.

Ons maak ook voorsiening vir lidmaatskap vir mense wat as 61 Meg ondersteuners wil aansluit, en dit gee geleentheid vir familielede en vriende van 61 Meg veterane asook ander mense met ‘n belangstelling in die krygskuns om meer te wete te kom van 61 Meg Bataljon Groep, en sy voorloper Veggreoep Juliet.

Kennisgewing aan bestaande lede dat lidmaatskap verstryk het

Sedert die website begin het, het 787 lede op ons webwerf geregistreer, en soos wat die tydperk van 12 maande sedert ‘n lid aangesluit het verstryk, sal elke lid nou ‘n boodskap kry dat sy lidmaatskap verstryk het en hernu moet word.

Hierdie kennisgewing sal verskyn as u ingaan op die member site, en die sisteem sal u dan ‘n keuse gee om u lidmaatskap te verleng deur die volgende jaar se lidmaatskapgelde of per kredietkaart, of met ‘n EFT/kontant deposito te betaal.

As u met ‘n EFT/kontantdeposito betaal, moet u vir ons bewys van betaling stuur dat ons u username en password op die sisteem kan aktiveer vir die volgende 12 maande wat u lid gaan wees van die 61 Meg Veteranevereniging.

Voordele van lidmaatskap van die 61 Meg Veteranevereniging

Die maklikste voordeel om te verduidelik is die feit dat u baie interessante dokumente, foto’s en stories op die member site kan lees, en hierdie inligting is nie toeganklik as u nie u lidmaatskapgeld betaal het nie. Op die member site kan u ook sien wie van u jaargroep reeds aangesluit het, en deur op so ‘n lid se naam te kliek kan u weer kontak met daardie lid bewerkstellig.

Lede kan ook die amptelike drag van die 61 Meg Veteranevereniging aanskaf, wat sal insluit ‘n swart baadjie met die amptelike goedgekeurde 61 Meg Veteranevereniging wapen, das, khaki langbroek, golfhemp en golfpet. Vra net ‘n bestelvorm aan by admin@61Mech.org.za en stuur dan jou bestelling na Burgers Broers toe.

Geregistreerde lede wat nog nie hulle lidmaatskapgeld betaal
het nie

Van die 787 lede wat tot dusver al op ons webwerf die moeite gedoen het om te registreer, is daar ‘n paar wat nog nie hulle ledegeld betaal het nie.Betaal asseblief en stuur vir ons bewys van betaling na admin@61Mech.org.za dat ons jou lidmaatskap kan aktiveer.

Sodra u die ledegeld per EFT of kontant deposito betaal, en by ontvangs van bewys van hierdie betaling, aktiveer ons dadelik u username en password sodat u by MEMBERS LOGIN toegang kan kry tot die member site en kwalifiseer vir die aankoop van die amptelike drag van die 61 Meg Veteranevereniging.

Terugvoering

Ons sal graag terugvoering wil kry by ons lede oor die webwerf, en spesifiek die member site sodat ons kan sien wat ons beter kan doen. Stuur u kommentaar en navrae na admin@61Mech.org.za

Documents

    No Documents added

Images