Hoe werk hierdie webwerf ?

Revised: April 22, 2012 Tags:

Tegnologiese uitdaging vir die ouer veterane

Vir baie van die ouer veterane , mag hierdie webwerf aanvanklik soos ‘n tegnologiese uitdaging voel , maar dit is eintlik maklik as mens net eers die basiese beginsel verstaan dat daar eintlik 2 webwerwe bestaan vir die 61 Meg Veteranevereniging.

Die eerste webwerf is die publieke webwerf

Die webwerf waarop mens uitkom as jy www.61Mech.org.za intik op jou rekenaar , is die webwerf wat bekend staan as die sogenaamde publieke webwerf , waartoe almal wat rekenaars besit , toegang het. Die inhoud van hierdie webwerf kan deur almal gelees word wat by hierdie webadres uitkom , maar dit is nie waar dit eindig nie.

Die tweede webwerf is die lede se webwerf

Druk op die SUBSCRIBE knoppie en volg die aanwysings

As ‘n mens aansluit by die veterane vereniging , deur op die SUBSCRIBE knoppie te druk en die res van die prosedures te volg , kry ‘n mens toegang tot die lede se webwerf .Tydens die voltooing van hierdie aansoek , word ‘n unieke nommer aan elke lid toegeken , en u moet dit neerskryf en vermeld as daar probleme met u inskrywing is.

Lees stories en kyk na foto’s oor die operasies

Op hierdie webwerf sal elke lid kan sien watter stories en foto’s ten opsigte van elke operasie waarby 61 Meg Bataljon Groep betrokke was , reeds op die webwerf gepubliseer is .Dit doen mens deur op YEARS of OPERATIONS te kliek en daarna op ‘n spesifieke jaar of operasie te kliek.

Om die stories te lees , moet u net kliek op die stories wat reeds gepubliseer is en wat onderaan die teks vir daardie jaar of operasie verskyn.

Om die foto’s te sien moet u onderaan die teks vir daardie jaar of operasie kliek op GALLERY , en daarna op die foto wat u wil sien ook kliek om ‘n groter weergawe daarvan te same met die onderskrif daarby te lees.

Laai u eie stories en foto’s vir publikasie op die lede se webwerf

Elke lid kan ook sy eie stories en foto’s op hierdie webwerf laai deur die maklike proses te volg waarvoor voorsiening gemaak is op die webwerf. Die storie of foto sal dan eers geredigeer word voordat dit op die webwerf gepubliseer word.

Lees stories en kyk na foto’s oor jare van diens by 61 Meg

Presies dieselfde reeling geld vir stories en foto’s wat betrekking het op die lid se jare van diens by 61 Meg , want buite die operasies om is daar ook baie wat gebeur het en wat vir die nageslag bewaar moet word.

Media and documents

Bo en behalwe die stories en foto’s , kan ‘n lid ook gaan kyk by die MEDIA AND DOCUMENTS gedeelte vir interessante inligting. As ‘n mens hier kliek op ‘n spesifieke jaar of operasie , kry ‘n lid toegang tot gedeklassifiseerde militere dokumente , koerantuitknipsels , tydskrifartikels en ander papierwerk wat nie maklik andersins in die openbare oog sal kom nie.

Documents

    No Documents added

Images