Jaap Steyn se ervaring van die 61 Meg Angola ekspedisie

Revised: January 15, 2012 Tags:

Ek was bevoorreg om op albei toere sover te gewees het

Ek het die voorreg gehad om beide toere wat sover aangebied was mee te maak en as ek lees wat Neels Raulstone op ons member site skryf, uit dit wat hy ervaar het uit Botties se boek, besef ek net weer watse geweldige voorreg dit was om deel daarvan te kon wees.

Louis Bothma se insette

Hoe Louis al die feite so akkuraat onthou, dit so getrou en feitelik te kon weergee is voorwaar ‘n gawe. Nadat ek Die Buffel Struikel (een van Louis Bothma se vorige boeke) gelees het, het die totale prentjie ten opsigte van die aanloop tot die Angola oorlog soos n boek oopgeval. Net te danke aan die deeglike navorsing wat Louis doen.

Die genot gaan die ongemak te bowe

Nou sit ons in die VISKAS en skud, vreet ‘n bietjie stof soos ‘n ou net in Angola kan want ons drywer, PW, soos net ‘n taxi drywer kan, wil op die voorste ou se gat ry. Die vreemdste is dat dit ons nie pla nie, ons is te besig om na die twee manne Roland en Louis te luister.

Die feitlike kennis (soos dit werklik was) van Roland en die navorsingskennis van Louis en die huiswerk wat hy gedoen het tov lede wat in die operasionele gebied dood is , asook dit wat hy vir die ouers beteken het om vrede in hulle harte te kry , is te groot om in woorde te verduidelik.

Nadat ek “Anderkant Cuito” toegemaak het was my eerste gedagtes; Louis Bothma jy het my die toer weer laat beleef en hel ek moet weer die boek lees, se nou net ek het iets gemis toe ek ‘n paar keer visgevang het van die vaak, aangesien ek nie kon ophou lees nie.

Elke toer is uniek

Elke toer was absoluut uniek. Verskillende mense in elke groep gee ander dimensie aan so ‘n toer. Net jammer daar was nie in 2009 iemand wat die toer in ‘n reisverhaal kon omskep nie.

Gelukkig was Koos Moorcroft weer die toergids, daar is nie iemand anders wat dit op daardie wyse, met die gepaste musiek in die vroee oggend ure kan aanbied nie.

Die sigbare tekens van die oorlog word minder

My plekkie is geboek vir Oktober 2011. Die sigbare tekens van oorlog word elke jaar minder, en die van teerpaaie en spoorlyne al meer. Ontwikkeling gaan tog op die ou end baie spore doodmaak.

Die eerste jaar ry ons net deur Cuito, die tweede jaar slaap ons in die middel van die dorp in die park, hierdie jaar is daar n moontlikheid om na die drie Olifant tenks te gaan kyk wat nog steeds in die mynvelde staan waar hulle in die laaste gevegte agtergebly het.

Kom ervaar dit eerder self dan weet jy ook hoe dit voel

Nadat Deon Lambrechts se vier artikels in Rapport van 7 November 2010 en drie weke daarna verskyn het, was daar ouens wat in hulle kommentaar baie uitlatings gemaak het oor die doel van die toer, wat die ouens nou daar gaan maak ens.

Ek glo net dit wat jy nie ervaar nie , kan jy nie oor praat nie. Die meer as dertig lede wat al daar was, het almal gese dat dit die moeite werd was.(selfs die wat nie in 61 gedien het nie) Watter voorreg om die broers Camille en Rudolf Burger saam te kon he (Pantser en Recce). Die groep was magic.

Documents

    No Documents added

Images