Jy word uitgenooi na die 32 Bataljon Veteranevereniging se mega skouerskuur op Saterdag, 16 Mei 2015

Revised: April 30, 2015 Tags:

Die 32 Bn VA nooi al die 61 Meg veterane wat beskikbaar is om op Saterdag, 16 Mei 2015 saam met hulle te kom skouerskuur by die PMRC (Pretoria Municipal Recreation Club) in Gezina, Pretoria vanaf 15h00 tot laat

61 Meg Bataljon Groep en 32 Bataljon kom ‘n lang paadjie saam en ons wil ons 61 Meg veterane in die Pretoria/Johannesburg aanmoedig om ‘n plan te maak om hierdie skouerskuur re kom bywoon.

Dit gaan R75 toegangsgelde kos vir vingerhappies en daar is ‘n kontantkroeg. As jy een van die 8 61 MVV was wat die Savati gala aand die Vrydagaand bygewoon het en jy het reeds jou R350 daarvoor betaal hoef jy nie R75 te betaal nie, dis ingesluit by daardie R350

Jy kan by die skouwerskuur opdaag met jou 61 MVV golfhemp, jeans en tekkies, of enige ander drag waarin jy gemaklik is.

Tydens die skouerskuur gaan daar ook ‘n veiling wees om fondse vir die 32 Bn VA in te vorder.

Die veterane van die Spes Magte, Parabat Veterans Organization, 31 Bn, 1012 Bn, Koevoet, Chopper Boys, Oud Soldate, Moths en andere is ook genooi na hierdie skouerskuur toe en dit beloof om ‘n lekker kuiergeleentheid te wees

Kom ons as 61 Meg veterane ruk asseblief in groot getalle op om hierdie skouerskuur ‘n reuse sukses te maak. Bevestig asseblief jou bywoning voor 8 Mei 2015 by roymarais@gmail.com of deur by die Facebook uitnodiging op die 61 Meg Veteraneverening se Facebookblasd na die 32 Bn VA se megaskouerskuur te kliek op GOING

As jy meer besonderhede verlang oor die skouerskuur stuur ‘n mail na roymarais@gmail.com

Documents

    No Documents added

Images