Kies die foto wat by die 61 Meg museumkamer se muur moet verskyn

Revised: April 22, 2012 Tags:

Die 61 Meg museumkomitee werk fluks

Die werk aan 61 Meg museumkamer by die Ditsong Nasionale Museum van Militere Geskiedenis in Saxonwald, Johannesburg vorder fluks en ons sien uit na die amptelike opening daarvan op 20 Augustus 2011.Jan Malan en die 61 Meg museumkomitee werk hard om hiervan ‘n groot sukses te maak.

Tydens ons verrigtinge op 20 Augustus 2011 gaan daar spesiaal geleentheid gegee word aan almal om die 61 Meg museumkamer te besoek.

Muur met ‘n spesiale foto wat 61 Meg versinnebeeld

By die ingang van die museumkamer gaan daar ‘n muur wees wat gaan bestaan uit ‘n foto wat 61 Meg Bataljon Groep moet simboliseer, en ons het goeie reaksie gekry op ons versoek vir foto’s wat daarvoor ingestuur moes word.

Die 61 Meg museumkomitee het nou deur al die foto’s gewerk en die foto’s hieronder is op die kortlys waaruit die finale foto gekies moet word.

Beoordeel die foto van jou keuse

Al wat jy moet doen is om die foto’s hieronder te beoordeel aan die volgende drie kriteria, naamlik:
- vertolking van 61 Meg se rol en/of aanwending
- impak van die foto
- jou persoonlike voorkeur, met ander woorde waarvan hou jy die meeste

Laat weet vir ons watter foto wil jy op die muur sien

Stuur vir ons ‘n mail na admin@61Mech.org.za met die besonderhede van die foto van jou keuse sodat ons kan weet watter foto om op die muur te plaas by die 61 Meg museumkamer.

Jy het tyd tot 11 April om jou keuse uit te oefen en daarna word die foto op die muur geplaas.

Documents

    No Documents added

Images