Kom skryf jou storie vir die 61 Meg Bataljon Groep boek

Revised: October 07, 2013 Tags:

61 Meg Bataljon Groep se storie is die storie van Omuthiya, Rooikop en Lohathla

61 Meg het vanaf 1979 tot 2005 bestaan, en gedurende hierdie 27 jaar het duisende soldate in en uit by die hekke van hierdie eenheid beweeg, of dit nou op Omuthiya, Rooikop of Lohathla was. Maar ons soek ook die stories van die manne wat in 1978 deel was van Veggroep Juliet, die eerste manne wat met Ratels oorlog gemaak het.

Tydens die Bosoorlog was ons makkers by tye blootgestel gewees aan verwoede aksie in Namibie en Angola, terwyl daar weer ander tye was wat hulle in die basis besig was om hangers of fliekstoeltjies te bou of op ander maniere hulleself besig gehou het of besig gehou is.

Die manne wat by Rooikop gestasioneer was, het weer ander tipe belewenisse gehad, en hierdie makkers het beslis ook interessante stories om te vertel van hulle wedervaringe.

Op Lohathla het die manne eiesoortige uitdagings gehad, soos die rol van 61 Meg verander het, en dit is ‘n uiters belangrike deel van ons eenheid se geskiedenis wat daar in die Noord Kaap geskryf is. Ons het nog heeltemal te min bydraes van ons veterane van daardie tyd op ons member site ontvang as mens in ag neem dat die grootste getal van ons veterane was in daardie tyd deel van die eenheid gewees.

Dit is goed en wel om die die amptelike geskiedenis van 61 Meg op ons member site te laai deur middel van gedeklassifiseerde militere dokumente, maar dit het nie dieselfde trefkrag as ons veterane se eie persoonlike stories van hulle belewenisse tydens operasies, vryetydsbestryding en ander sports in die basis, taktiese oefeninge en binnelandse operasies en ontplooiings in die townships nie.

Maak asseblief die tyd om jou storie(s) te vertel, want as jy dit nie nou doen nie gaan dit verlore gaan.Op die member site by www.61Mech.org.za sal jy sien by watter jare en operasies is daar nog maar min stories ingestuur, en probeer om daardie jare en operasies volledig te maak met jou bydraes as jy daardie tyd deel van 61 Meg was. Ons wil bitter graag meer hoor van ons veterane wat op Rooikop en Lohathla was, en wat alles in die townships aangegaan het. Die veterane van daardie tyd sal nou moet begin kole gooi, anders gaan daar nie genoeg van julle tyd vertel wees in die boek nie. Julle bydrae is net so belangrik soos die van die veterane wat in die Bosoorlog was.

Wen ‘n prys met jou storie(s)

Ons wil julle nooi om tot 31 Oktober 2013 baie moeite te maak om jou eie storie of stories te kom vertel, en ons loof twee pryse uit. Vir die treffendste storie kry die wenner ‘n getekende eksemplaar van Eye of the Firestorm deur Roland de Vries en vir die meeste stories wat ons kan plaas van een veteraan kry daardie wenner ‘n getekende eksemplaar van Vang ‘n Boer deur Louis Bothma.

So kry jy jou storie by ons uit

Jy kan die storie op verskillende maniere by ons uitkry:
1. Jy kan die storie netjies en leesbaar per hand skryf en pos na 61 MVV Storiekompetisie, Posbus 2554, Mosselbaai, 6500.
2. Jy kan die storie self tik en mail na admin@61Mech.org.za
3. Jy kan op die member site ingaan en kliek op SHARE YOUR STORY en dan jou storie so instuur

Dis belangrik vir ons om te weet wat jou indeling was toe jy deel was van 61 Meg, want dit sal insig gee in die perspektief waarmee jy jou storie vertel. En veral die Tiffies het nog baie stories wat vertel met word, want hulle was die middelpunt van alles gewees.

Waaroor moet jy skryf?

Dit is belangrik dat jy vertel waar pas jou storie in by 61 Meg of Veggroep Juliet se geskiedenis – tyd in die basis tydens ‘n spesifieke jaar, ‘n spesifieke oefening of operasie, ontplooiing in ‘n township, ens. In watter subeenheid was jy en wie was saam met jou daar en wat het julle/ hulle gedoen?

Vertel ons wat gebeur het, hoe jy gevoel het oor daardie insident/gebeurtenis en hoe dit jou of jou makkers se lewe geraak het, of nie.

Daar was baie snaakse insidente ook gewees, en dit moet nie verlore gaan nie.Daar was verseker ook heelwat vonkproppe gewees, want ons weet mos alles het nie altyd verloop soos dit beplan was nie.

Daar was ook hartseer insidente, en dit moet ook vertel word.Maar daar was beslis ook insidente waar iets van ons mense materiaal na vore gekom het wat mens trots gemaak het om deel van 61 Meg te wees.

Onthou, hierdie stories wat so op die member site geplaas word kan dan ook gebruik word in die boek oor 61 Meg wat in 2013/4 uitgegee gaan word.Die skrywers vorder fluks, maar hulle wil graag die veterane se storiers integreer in die 61 Meg boek en daarvoor het ons julle bydraes nodig.

Die makkers van Rooikop en Lohathla se stories

Maak asseblief die tyd om jou storie(s) te vertel, want as jy dit nie nou doen nie gaan dit verlore gaan. Op die member site sal jy sien by watter jare en operasies is daar nog maar min stories ingestuur, en probeer om daardie jare en operasies volledig te maak met jou bydraes as jy daardie tyd deel van 61 Meg was. Ons wil bitter graag meer hoor van ons veterane wat op Rooikop en Lohathla was, en wat alles in die townships aangegaan het. Die veterane van daardie tyd sal nou moet begin kole gooi, anders gaan daar nie genoeg van julle tyd vertel wees in die boek nie. Julle bydrae is net so belangrik soos die van die veterane wat in die Bosoorlog was.

Documents

    No Documents added

Images