Kort gedagtes oor ons besoek aan Omuthiya

Revised: October 06, 2009 Tags:

Die witpad na Omuthiya

Ons het op 29 Junie ingedraai by die witpad na Omuthiya toe, en opgery tot by die oorblyfsels van die waghuisie by die basis se hoofingang. Niemand het gevra vir ons logboeke nie.

Daarna het ons afgeklim en soos in die ou dae in Ovamboland met die voetpatrollies eers by die hoofman wat nou hier woon gaan spangees bou, en daarna deur die ou basis geloop terwyl Andre Martin vir ons die belangrikste plekke in die ou basis uitgewys het.

61 Meg gedenknaald se fondasies

By die fondasies van die 61 Meg gedenknaald het ons stilgestaan vir ‘n minuut se stilte om aan al ons gestorwe makkers te dink, wat nie soos ons kon oud word nie.

Dit was nogal ‘n emosionele oomblik gewees, want party van daardie makkers het ‘n mens persoonlik geken toe hulle nog 18, 19 en 20 jaar oud was.

Ons stop by al die ou bekende plekke in die basis

Andre Martin het vir ons uitgewys waar die HK, LWT, magasyn, menasie en kuierplekke was.Ons het oom Doepie du Plessis se been lekker getrek oor die toestand van sy LWT.

Ons kon ook stap tot by die verlate en verwaarloosde swembad, waar die olifante daardie tyd kom water drink het in die nag.Die duikplank het in die hek geduik, en die swembad is gebars en leeg.

Middagete in die menasie se murasie

Ons het sommer in die murasie van die ou menasie middagete geeet, en ‘n man se kop was maar vol gedagtes oor die tye van lank gelede.

Terwyl ek daar gestaan het, kom ek uitkyk op die plek waar die ou menasie was, waar ons die Kersete van Desember 1980 gehad het met tannie Elize Botha en die Dankie Tannies wat vir ons kom pakkies uitdeel het, waar Bravo kompanie ook daardie Desember ‘n uitspattige konsert gehou het , waar dominee Koos Rossouw vir ons kom kerk hou het, waar Sonja Herholdt vir ons kom sing het, waar …

Die platoon commanders se gewese tent

Ek en Ariel Hugo het ook die plek opgespoor waat ons platoon commanders se tent in 1981 gestaan het, en daar gestaan en wonder oor al die water wat sedertdien in die see geloop het.

Bydrae – Gert Minnaar

Documents

    No Documents added

Images