Langtermyn lidmaatskap van die 61 Meg Veteranevereniging

Revised: April 23, 2012 Tags:

LANGTERMYNLIDMAATSKAP VAN DIE 61 MEG VETERANEVERENIGING

Die huidige jaarlikse lidmaatskap van die 61 Meg Veteranevereniging vir ’n 61 Meg veteraan is R150, en die vir ’n 61 Meg Ondersteuner(iemand wat nooit by 61 Meg self gedien het nie, maar graag deel wil wees van die 61 Meg Veteranevereniging omdat familie daar gedien het, of bloot weens ’n belangstelling in militere geskiedenis) ) is R200.

Ons het besluit om die jaarlikse lidmaatskap van die 61 Meg Veteranevereniging uit te te brei om ook nou voorsiening te maak vir langtermynlidmaatskap.

Dit beteken dat as ’n 61 Meg veteraan eenmalig R1000 betaal en as ’n 61 Meg Ondersteuner eenmalig R1 500 betaal, hy daarmee lidmaatskap van die 61 Meg Veteranevereniging vir 10 jaar vooruit kry.

Dit skakel nie net die rompslomp uit om elke jaar die lidmaatskap te hernu nie, maar dit gee ook ’n substansiele afslag aan die persone wat bereid is om hierdie langtermynlidmaatskap op te neem.

Oorweeg dit gerus, want dit sal ons ook kan help om die fondse in plek te kry vir die onkostes verbonde aan die 61 Meg boek wat nou geskryf word deur Helmoed Rohmer-Heitmann, Willem Steenkamp en Leopold Scholtz. Ons moet R350 000 bymekaar maak voordat hierdie boek gedruk kan word, en ons teikendatum vir publikasie is die tweede helfte van 2013.

As jy nie langtermynlidmaatskap wil opneem nie, sal ons dit op prys stel as jy kan seker maak dat jou huidige lidmaatskap wel op datum is. Kliek op MEMBERS LOGIN op ons website met jou username en password, en as jy nie kan verder lees wat op die member site is nie sal daar ‘n boodskap opkom dat dit tyd is om jou lidmaatskap te hernu.

Dit kan gedoen word per kredietkaart of met ‘n EFT/kontant betaling in ons tjekrekening

Rekeningnaam – 61 Mech Battalion Group Veterans Association
Bank – Standard Bank
Tak – Northcliff, Johannesburg
Takkode – 630522 of 006 305
Rekeningnommer – 00 329 366 1
Verwysing – JOU NAAM

Baie dankie vir jou ondersteuning waarsonder ons nie die doelwitte van die 61 Meg Veteranevereniging sal kan nastreef nie

Documents

    No Documents added

Images