'n Tiffie sammajoor se herinneringe aan die 61 Meg Veterane se eerste Angola ekspedisie

Revised: April 20, 2010 Tags:

Inleiding

Dit was die Sondag laat in die middag toe Ariel Hugo my bel en se dat ek saamgaan Angola toe.Iemand het vir my betaal, ek moet net my eie sakgeld, pille en brille betaal, wat geen probleem vir my was nie.

Ek se baie baie dankie

Ek wil net vir daardie persoon of persone wat dit vir my moontlik gemaak het, se baie baie dankie dat dit vir my moontlik gemaak is om saam te ry op die mees ongelooflikste reis van my lewe.

Dan wil ek ook net vir Gert Minnaar en Ariel Hugo dankie se vir al die geduld wat hulle met my gehad het en ook vir al die reelings om die toer vir ons almal lekker en gemaklik te maak.

En dan was daar Koos Moorcroft met sy stil manier en humor wat van die toer ‘n groot sukses gemaak het. Ook Jose, ons Angolese gids, met sy stil glimlag en besadigde laggie wat dit vir ons aangenaam gemaak het en maklik om met hom vriende te maak.

Dan was daar Annamarie en haar man Chris en ook Boepie Nel, ons drywers en kosmakers, alles wat hulle aangeraak het was ‘n groot sukses wat die kosmaak betref en die reelings wat hulle getref het. Hulle persoonlike vriendelikheid en gasvryheid – daar was eenvoudig geen perke nie.

En dan was klein groot Chris Moorcroft en James die kameraman wat gesorg het dat die foto’s geneem word en dan in die aand lekker musiek gemaak het. En ook Jo Racliffe wat al was dit nie haar beurt nie, gehelp het om kos op die tafel te kry.

Ons eie persoonlike bungolow bull

Wat vir my baie opvallend van die hele toer was, was dat daar geen gevegte onder die manne was nie maar daar was so hier en daar ‘n kwessie wat aandag moes kry.

Dit is so dat na elke operasie daar ‘n nabetragting gehou moet word en hierdie is geen uitsondering nie.Uit die aard van die saak was daar sekere pligte wat nagekom moes word, maar eers is daar ‘n kampkommandant of bungolow bull gekies.

Die naam van Ariel Hugo het hier opgeduik vir hierdie joppie en sy plig was om elke dag die werk uit te deel.

Wolf word toe al die tyd skaapwagter

Maar julle weet, maak nou vir wolf skaapwagter dan was hierdie nou die ideale voorbeeld daarvan want hy het ons opgedeel in vier spanne.

Elke dag was dit die plig van die spanne om verskillende take te doen, maar soos die noodlot dit wou gehad het toe ons by Menongue aankom was dit daardie aand Jan Malan, Ep van Lill en my diensbeurt gewees om te help kosmaak.

Verjaarsdagmaatjies word voorgetrek

Dit was by Menongue dat die wolf uitgespring het want dit was Ep van Lill se verjaarsdag gewees daardie dag.

Ons het by ‘n soort padkamp aangedoen met tipe voorafvervaardigde huisies waar ons toestemming gekry het om te oornag. Dit was kenisse gewees van Koos Moorcroft gewees.

En raai, Ep van Lill kry ‘n slaapkamer met ‘n dubbelbed, verematras en donskombers met ‘n stort en ‘n TV, ek weet nie wat nog alles nie!

Jan Malan sit en teken kaarte en roetes en hy berei hom voor vir ‘n lesing daardie aand oor die gevegte by Cuito Cuanavale.

En raai wie bly oor om die werk te doen? Reg geraai, oom Doepie!!!

Julle moet net weet dis aartappels en uie skil, koffie maak en skottelgoed was. Gelukkig was daar spoellatrines, anders het ek nog gate gegrawe ook, maar ek sal nie nou daaroor uitwei nie.

Ons rokende skoorsteen

Dit is nog nie die einde van die storie nie.

Langs my in die Overlander het my ander vriend, Mark Lowes gesit – die skoorsteen van die 61 Meg veterane.Ek moet se ek het meer van sy agterkant as sy voorkant gesien want kort-kort hang hy halflyf uit die Overlander om te rook want in die voertuig was rook verbode.Ou Mark het hom nie laat afskrik nie, as hy wou rook het hy gerook en dan sy bottel Coke Zero oopgemaak.

Nadat die gas van hierdie Coke Zero ‘n paar maal oor my en Gert gespat het, het Gert wat nou nie verniet ‘n prokureur is nie, so ‘n paar Latynse woorde na Mark toe gegooi en vir ‘n lang tyd was dit redelik stil met die rokery en Coke Zero.

En soos dit met die goeie ouens gaan het Mark oms heelwat van die natuur, wilde diere en plantegroei vertel want as ‘n tracker in die wildtuin het hy baie vir ons interessante goed geleer, alles in ‘n goeie gees.

Ons eie inhouse komediant

Die Engelsman, of moet ek se Skot of Ier het ons so vermaak met sy grappies en aksente.Ek is nie presies seker van watter land hy regtig kom nie, want die grappies wou nie ophou nie en die aksente waarmee die grappies gepaard gegaan het sal niemand vir Andre Martin kan nadoen nie.

Andre se insiggewende terugvoer by Omuthiya was puik en dit het sommer ‘n hele paar van ons manne terugggevat na die goeie en harde tye wat ons daar deurgebring het. Dankie, Andre.

Jaap Steyn se meesterstukke

Hierdie hoofstuk is nog nie afgesluit nie, want daar kom Jaap Steyn met die meesterstukke van alle tye.

Met ‘n mes, ‘n stukkie skuurpapier en natuurlik my potlood wat hy opgebruik het om strepies op die stukke hout te trek en af te merk,wat hy orals op spesiale plekke in Angola opgetel het, het Jaap vir almal op die toer die mooiste 61 Meg aandenkings gemaak.

Hierdie gedenkstukke het Jaap en Ariel op Rundu vir ons uitgedeel net nadat ons terug oor die Angolese grens gekom het.

O ja, Jaap, ek weet dit was jy wat vir my en Boepie met die cable ties in die tent toegesluit het. Ek weet jy is bang vir spoke, ek het jou adres en revenge is sweet!

Laastens maar beslis nie die minste nie

As ek miskien iemand uitgelaat het, vra ek om verskoning.

O ja, ek het myself vergeet!Ek was die goeie ou op die toer, altyd betyds vir kosmaak, tente afslaan, gate grawe, koffie aandra, hout aandra-nee wat, ek was die goeie ou.

My laaste dankie

Laastens wil ek vir al die Tiffies wat deur die jare saam met my gewerk het baie dankie se vir die lojaliteit, die harde werk en die lekker saamwees tydens julle dienstydperk.

En ook al die offisiere wat saam met ons by Omuthiya was en al die probleme wat ons saam kom oplos.

Tiffie is eg Suid Afrikaans en kom van die Engelse “artificer” wat ‘n ambagsman was in die vloot of Leer

Documents

    No Documents added

Images