Nuwe ontwikkelings op ons member site

Revised: November 07, 2009 Tags:

Message board/Boodskapbord

Een van die nuwe ontwikkelings op ons member site is die skepping van ‘n message board/boodskapbord waar die opbetaalde ingeskrewe lede boodskappe kan skryf wat deur al die ander opbetaalde ingeskrewe lede gelees kan word.

Dit is ‘n goeie manier om kontak te probeer maak met van die ou kamerade, en ook om sommer net oor algemene kwessies te kommunikeer.

Lys van name vir aktiewe 61 Meg veterane

‘n Ander nuwigheid op die member site is die lys van ingeskrewe en opbetaalde 61 Meg veterane wat per jaar gelys word, en wie se name jy kan sien deur bloot op ‘n spesifieke jaar te kliek.So kan jy dan vasstel wie van jou maters wat saam met jou in byvoorbeeld in 1981 by 61 Meg was, al aangesluit het by die 61 Meg Veteranevereniging.

Die ontwikkelaars is ook besig om hierdie naamlyste so te ontwikkel dat jy bloot op ‘n naam sal kan kliek, dan sal jy vir daardie lid ‘n e-mail kan stuur wat hy kan beantwoord as hy wil.

Documents

    No Documents added

Images