Opname oor die Angola ekspedisie(s) vir 2010

Revised: November 07, 2009 Tags:

Datums vir volgende jaar se Angola ekspedisie(s)

Die datums vir die Angola ekspedisie(s) wat die 61 Meg Veteranevereniging vir volgende jaar wil reel, is nou gefinaliseer.Ons vertrek op 11 Oktober 2010 uit Pretoria en keer DV 27 Oktober 2010 weer terug na Pretoria toe.

Die reenseisoen in Angola het in die verlede bepaal wanneer die Winterspeles moes plaasvind , en hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde , want die reenseisoen bepaal nog steeds wanneer ons Angola sal kan besoek.

Die roete deur Angola

Die 61 Meg veterane se eerste ekspedisie in Junie/Julie 2009 het ‘n roete gevolg wat al die belangrikste plekke van militere belang besoek het , en volgende jaar se roete behoort nie veel te verskil van vanjaar se roete nie.

Die inligting oor vanjaar se roete is elders op ons webwerf beskikbaar , en daar is ‘n aparte nuusitem daaroor op die member site wat die daaglikse program vir 2009 se Angola ekspedisie volledig uiteensit , saam met verwysings na die relevante operasies in die omgewing van die plekke waar daar aangedoen is.

Bespreek nou jou plek om teleurstelling te voorkom

Daar het reeds 12 makkers hulle plekke bespreek vir volgende jaar se Angola ekspedisie(s), en dit nog voordat ons dit bekend gemaak het dat ons gereed is om besprekings te ontvang.

As jy volgende jaar wil saamgaan , stuur vir ons ‘n mail na admin@61Mech.org.za sodat ons jou naam op die lys kan plaas.

Overlander met plek vir 10 mense

Vanjaar het ons die ekspedisie aangepak met ‘n Overlander met plek vir 10 mense , en dit het baie goed gewerk.Alles was ingesluit by die koste van R14 000 per persoon vir ‘n ekspedisie van 16 dae.

Volgende jaar behoort heelwat van die paaie in Angola wat vanjaar nog in aanbouing was , voltooi te wees en kan dit die reistyd miskien met ‘n dag of twee korter maak.

As jy in die Overlander wil saamtoer, bevestig dit duidelik in jou mail aan ons.Hou net in gedagte dat ons eers die Overlander moet vol bespreek asook nog 8 persone in die toerleier se voertuie, voordat ‘n toer lewensvatbaar is.

Ons moet 18 mense op die toer wees, voordat ons kan plek maak vir daardie makkers wat met hulle eie voertuie wil saamry.

Opname oor veterane wat in hulle eie voertuig onder bevel van ons toerleier sal wil saamtoer

Ons oorweeg die moontlikheid om volgende jaar, as die Overlander (10 persone) en die toerleier se voertuie (8 persone) vol bespreek is, ook voorsiening te maak vir 2 privaat voertuie om saam te toer , waar daar in elke voertuig 4 veterane ry.

Die koste per voertuig sal R36 000 wees met kos en alles behalwe brandstof ingesluit , wat beteken elke veteraan moet R9 000 betaal om deel te wees van die 61 Meg Veteranevereniging se Angola ekspedisie.

Die veterane in hierdie voertuie sal dan ook nog hulle eie brandstof moet betaal , en daarvoor kan ‘n man ‘n verdere R2 500 begroot .

In Angola kos diesel R2-90 per liter en petrol kos R4-50 per liter Die afstand wat ons toer is ongeveer 6 000 kilometer , en die bestuurder van elke voertuig kan die inligting gebruik om uit te reken wat brandstofkoste gaan wees.

Laat weet ons as jy sou belangstel om op hierdie manier saam met ons te toer , hetsy dit as bestuurder van jou eie voertuig of passasier in so ‘n voertuig.Een voertuig se plek is reeds bespreek , as ons met hierdie opsie sou voortgaan.

Angola is nie vir sissies nie, veral nie die suide van Angola
nie

Op hierdie stadium sal net die dapperste onder die dapperes op eie stoom in die suide van Angola gaan rondry op die plekke waar ons toer aandoen , en sonder ‘n Portugese tolk wat verkieslik in Angola gebore is , gaan dit nog moeiliker gaan.

Gaan kyk gerus op You Tube onder “61 Mech Veterans Angolan Expedition 2009” na ‘n kort video oor vanjaar se toer , en bespreek dan gou-gou jou plek op volgende jaar se ekspedisie(s).

Documents

    No Documents added

Images