Sesde algemene jaarvergadering van 61 Meg Veteranevereniging op 22 Augustus 2015

Revised: July 24, 2015 Tags:

Sesde algemene jaarvergadering van 61 Meg Veteranevereniging op 22 Augustus 2015

Die 61 Meg Veteranevereniging hou op Saterdag, 22 Augustus 2015, sy sesde Algemene Jaarvergadering by die Ditsong Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis in Saxonwald, Johannesburg.

Hierdie uitnodiging is vir vriende, belangstellendes, dienende lede en veterane wat assosieer met 61 Meg Veteranevereniging. Almal is welkom, en ons sal graag wil sien dat die voormalige weermanne, skutters, kavelariste, kanonniers, seinmanne en sappeurs asook die oudleiers van alle range van 61 Meg hierdie dag saam kom geniet. Dit sal lekker wees om baie van die oud NDP’s wat die ruggraat van 61 Meg deur die jare uitgemaak het, by hierdie spesiale dag te ontvang.

Veterane wat deel was van Veggroep Juliet in 1978 is ook baie welkom by hierdie geleentheid, want hulle is ook deel van ons trotse geskiedenis.

Programme for 22 Augustus 2015

07h00: Registrasie begin

08h00: Hys van vlae. 61 Meg uitstalling is oop vir besoeke. Registrasie van lede/ Hoisting of flags. 61 Mech display open to view. Registration of members.

08h45: 61 Veterane Algemene Jaarvergadering / 61 Veterans Annual General Meeting

09h50: Eregaste en gaste om te sit vir parade en gedenkdiens / Dignitaries and guests to be seated for parade and memorial service

10h00: Veterane tree aan. Baniere word vertoon/Veterans form up and Banners are displayed.

10h10: Parade en gedenkdiens / Parade and memorial service

11h30: Koffie, tee en ligte verversings / Coffee, tea and light refreshments

13h00: Voorligting in die JC Lemmer auditorium (176 sitplekke)

14h00: Ligte middagete en drinkgoed te koop, voorsien deur Unika Voortrekker kommando ( hamburgers, hot dogs en vetkoeke), en kuier saam. Light refreshmments and drinks to buy, provided by Unika Voortrekker Commando. Socialise and relax.

Confirmation of attendance

The JC Lemmer auditorium seats 176 people and we encourage you to confirm your attendance to the 3 events on 22 August 2015 by informing your particulars and the number of people in your party by e-mail to admin@61Mech.org.za by not later than Wednesday 19 August 2015.

A list of all the people who have confirmed their attendance will be displayed on our member site at www.61Mech.org.za so that you can see which old faces you will meet again on this big day. This list will regularly be kept up to date for everybody to see.

Drag vir die geleentheid

As jy ’n 61 Meg veteraan is sal dit gaaf wees as u die voorgeskrewe 61 Meg Veteranevereniging baadjie, das en kakhibroek kan aanskaf vir hierdie groot dag op 22 Augustus 2015, maar dis natuurlik nie verpligtend nie. Dis vir ons belangriker dat jy daar sal wees om deel te wees van die spesiale dag.

Documents

    No Documents added

Images