Skouerskuur in Centurion - Woensdag 6 Maart 2013

Revised: February 25, 2013 Tags:

Volgende skouerskuur vir Pretoria om 18h00 op Woensdag, 6 Maart by Casa Mia bomgat in Centurion

Ons nooi al die 61 Meg veterane asook enige ander veteraan in die Pretoria omgewing om na ‘n kort interessante aanbieding van 20 minute te kom luister en dan saam te kuier by ‘n bring en braai.

Dit beteken dat ons weer op Woensdag, 6 Maart 2013 om 18h00 bymekaar kom by die Casa Mia bomgat in Centurion

Almal is baie welkom

Ons wil almal nooi wat by 61 Meg was om te kom saamkuier, en by ons is daar nie onderskeid tussen NDP, Kortdiens of Staande Mag nie. Nou is ons almal net veterane van die 61 Meg Veterane Vereniging.

Dit sal egter gaaf wees as die voormalige NDP’s hulle gewig kom ingooi agter hierdie tipe inisiatief, want hulle het die grootste gros van die 61 Meg soldate uitgemaak en ons wil hulle baie graag betrek.

Dit pla ons ook nie of jy rang gehad het of nie rang gehad het toe jy by 61 Meg was nie, solank jou hart net reg klop vir 61 Meg, want dan is die saak reg en die kind se naam is Wit Willem.

Fisiese adres

Die Casa Mia bomgat is by Evenden House, Gloverlaan 139, Centurion en baie naby aan die Jeanlaan afrit op die Ben Schoeman snelweg.

Padaanwysings

Neem die Jeanlaan afrit by die Ben Schoeman snelweg en ry in ’n oostelike rigting tot by die eerste robot.

By hierdie robot, draai links in Rabie straat en ry reguit aan tot by die eerste robot in hierdie straat.

By hierdie robot, draai links in Gloverlaan en volg die pad, deur ’n draai na regs en kyk dan uit vir Evenden House op die linkerkant van die straat.

Die tenk in die voortuin behoort dit maklik te maak om te weet waar die regte adres is.

Datums vir die skouerskure in Pretoria vir 2013

6 Maart 2013 om 18:00 by Casa Mia in Centurion — Kol Jan Malan kom gee ‘n kort oorsig oor sy wedervaringe in 61Meg en ook gesels hy oor ‘n paar ander staaltjies tydens sy jare in die weermag .Ons gaan lekker saamkuier met ’n met bring en braai. (Kole en rooster word verskaf). Vroue, kinders en vriende ook baie welkom.

15 Mei 2013 — Skouerskuur by die Voortrekker monument waar Genl Roland de Vries, Leopold en Louis Bothma ’n boekbekendstelling het. Detail alreeds op webwerf en Facebook groepe beskikbaar.

5 Junie 2013 om 18:00 by Casa Mia in Centurion — Genl Dippenaar gee ‘n vertelling oor die ontstaan en geskiedenis van 61 Meg. Ons gaan lekker saamkuier met ’n met bring en braai. (Kole en rooster word verskaf). Vroue, kinders en vriende ook baie welkom.

4 September 2013 by Casa Mia in Centurion — Storie aand. Al die manne word genooi om hulle stories te kom vertel van ervarings in 61 Meg.(As jy kan bring ‘n geskrewe kopie saam. Daar sal ook ‘n diktafoon beskikbaar wees. Ons gaan lekker saamkuier met ’n met bring en braai. (Kole en rooster word verskaf). Vroue, kinders en vriende ook baie welkom.

6 November 2013 by Casa Mia in Centurion – Program sal vroegtydig aangekondig word. Ons gaan lekker saamkuier met ’n met bring en braai. (Kole en rooster word verskaf). Vroue, kinders en vriende ook baie welkom.

Documents

    No Documents added

Images