Skouerskuur in Edenvale - Sondag 24 Februarie 2013

Revised: February 16, 2013 Tags:

Uitnodiging na die 61 Meg Veterane skouerskuur en gesinsdag aan die Oos Rand — Sondag 24 Februarie 2013

‘n Skouerskuur vir 61 Meg Veterane en ondersteuners aan die Oos Rand van Johannesburg vind plaas op Sondag 24 Februarie 2013 by die Dickie Fritz Bomgat/Shell Hole van die Moths in Edenvale.

The address is: The Sanctuary, 115 Dickie Fritz Avenue, Dowerglen, Edenvale

Ons gaan vanaf 12h00 saam kuier en ons nooi al die 61 Meg veterane, hulle families en ondersteuners van die Oos Rand en omgewing na hierdie skouerskuur toe.

Dit is juis wat ons veterane nodig het — ‘n veilige plek waar ons kan kuier en gesels met ander manne wat ook daar was en wat verstaan wat dit was om daar te wees. Dit gaan nie oor grensvegterstories nie, maar dit is darem maar lekker as iemand verstaan as ‘n mens praat van Omuthiya, Cuito Cuanavale , operasies, seven days, Ratels, Noddykarre, kanondonkies, G5 kanonne, insypelings, casevacs, wegstaanbestokings, gatkruippatrollies, Rooikopbasis, Lohathla en harde opleiding.

Ons familie, gesinne en vrouens sukkel baie keer om te verstaan wat ons daardie tyd beleef het want ons Armylewe is ‘n vreemde wereld vir hulle, maar of hulle verstaan of nie, op ‘n indirekte manier het daardie tyd se ervaringe tog ook ‘n impak op die mense die naaste aan ons

Baie van die makkers was aan die begin maar eers huiwerig gewees om te gaan kyk wat gebeur by ‘n skouerskuur, maar as hulle eers hulle visums by hulle vrouens gekry het om ‘n skouerskuur by te woon en deur daardie aanvanklike weerstand teen die onbekende gebreek het en die ander veterane ontmoet het wat ook daar opgedaag het, dan word ‘n skouerskuur ‘n geleentheid om nie te mis nie. Ons beveel aan dat jy jou vrou ook sommer saambring skouerskuur toe as sy kans sien daarvoor.

We once again also wish to extend an invitation to the veterans of 4SAI/62Mech, especially the guys involved in Ops Modular and Hooper.

BRING EN BRAAIPACK A PICKNICK BASKET WITH MEAT, SALAD & ROLLS, WE WILL PROVIDE THE FIRES. Die MOTHS sal drank verkoop teen baie billike pryse.

Kyk sommer of jou subskripsie by www.61Mech.org.za op datum is en hernu indien dit nodig is.ons soek jou storie en foto’s op ons member site asseblief!

Please confirm attendance with jaco@thrifty.co.za and we look forward to see you there.

Documents

    No Documents added

Images