Skouerskuur in Kaapstad - Vrydag 22 Februarie 2013

Revised: February 16, 2013 Tags:

Uitnodiging na die 61 Meg Veterane skouerskuur in Kaapstad — Vrydag 22 Februarie 2013

Die Kaap skop af met ‘n 61 Meg Veteranevereniging skouerskuur by die Marshall Smuts bomgat in Somerset Wes by 105 Drama straat, agter die Playhouse Teater van 18h00 af.

Jy kan 17h00 ook kom aanmeld as jy wil.

Roelf Schoeman gaan ‘n aanbieding kom doen oor hoe om te cope met die uitdagings van die Nuwe Suid-Afrika, en voor die tyd verkoop die Moths ‘n lekker worsbroodjie/steak roll teen R15 terwyl die Moths se kroegman ook nie sy plig sal versuim nie.

Kom ruk asseblief in groot getalle op en nooi jou pelle, vrou en kinders ook saam vir ‘n lekker kuier. Gesinne is vir ons belangrik.

Alle ander veterane is ook welkom om saam te kom luister en deel te neem.

Dit is juis wat ons veterane nodig het — ‘n veilige plek waar ons kan kuier en gesels met ander manne wat ook daar was en wat verstaan wat dit was om daar te wees. Dit gaan nie oor grensvegterstories nie, maar dit is darem maar lekker as iemand verstaan as ‘n mens praat van Omuthiya, Cuito Cuanavale , operasies, seven days, Ratels, Noddykarre, kanondonkies, G5 kanonne, insypelings, casevacs, wegstaanbestokings, gatkruippatrollies, Rooikopbasis, Lohathla en harde opleiding.

Ons familie, gesinne en vrouens sukkel baie keer om te verstaan wat ons daardie tyd beleef het want ons Armylewe is ‘n vreemde wereld vir hulle, maar of hulle verstaan of nie, op ‘n indirekte manier het daardie tyd se ervaringe tog ook ‘n impak op die mense die naaste aan ons

Baie van die makkers was aan die begin maar eers huiwerig gewees om te gaan kyk wat gebeur by ‘n skouerskuur, maar as hulle eers hulle visums by hulle vrouens gekry het om ‘n skouerskuur by te woon en deur daardie aanvanklike weerstand teen die onbekende gebreek het en die ander veterane ontmoet het wat ook daar opgedaag het, dan word ‘n skouerskuur ‘n geleentheid om nie te mis nie. Ons beveel aan dat jy jou vrou ook sommer saambring skouerskuur toe as sy kans sien daarvoor

RSVP by admin@61Mech.org.za

Documents

    No Documents added

Images