Skouerskuur in Port Elizabeth op Woensdag, 25 November 2009

Revised: May 20, 2010 Tags:

Skouerskuur in Port Elizabeth

Brian James is die 61 Meg Veteranevereniging se kontakpersoon in Port Elizabeth, en hy het die volgende skouerskuur vir hierdie omgewing se veterane gereel op Woensdag, 25 November 2009 by die Outspan bomgat.

As jy hierdie eerste skouerskuur in hierdie gebied wil bywoon, kan jy met Brian praat by 082 217 1007 of per mail by bjames@bwt.co.za jou bywoning bevestig.

Tydsreelings

Al die 61 Meg veterane in die Port Elizabeth/Uitenhage omgewing word genooi om vanaf 17h00 op Woensdag, 25 November by die Moths se Outspan bomgat in die Baai te kom saamkuier.

Alle 61 Meg veterane is welkom

Alle 61 Meg veterane is welkom om te kom saamkuier, en dit maak nie saak of jy Staande Mag, NDP of Kortdiens was nie, solank jou hart net reg klop vir 61 Meg.

Jy sal sien dat as jy by hierdie skouerskuur opdaag, maak dit ook nie vir ons saak of jy rang gehad het of nie, want die gedagte met hierdie skouerskuur is om informeel bymekaar te kom, lekker te kuier en weer die ou 61 Meg bande te laat herleef.

Padkaart na die Outspan bomgat toe

As jy nie seker is waar die Moths se Outspan bomgat is nie, kan jy die kaat wat hier by die artikel aangeheg is, gebruik om daar uit te kom.

Documents

    No Documents added

Images