Toespraak deur Johann Dippenaar tydens die Operasie Sceptic ete op 10 Junie 2009

Revised: December 29, 2009 Tags:

Baie dankie dat u as 61 lede vandag hier is.

Die feit dat u onthou het, die feit dat u moeite gedoen het, die feit dat ons hier kan saam wees beteken vir mekaar baie.

Ek dink nie dit is ‘n dag vir toesprake nie, maar tog moet daar sekere dinge gesê word by ‘n geleentheid waar 29 jaar gelede se gebeure herdenk word. Dis wat ek gaan probeer doen in die volgende paar minute. Die doel hoekom ons vandag hier by mekaar is, is tweeledig;

Die eerste rede is om as 61 Veterane te kan sê ons het behoort en ons onthou steeds. En dan wil ons 10 Junie 1980 herdenk. Elkeen van u het ‘n pamflet gekry, as u nie het nie, kry tog vir u een, want hierop word ‘n storie vertel. Dit vertel vir ons wanneer het 61 begin het, hoe die embleem gelyk het, wat eintlik oorgeneem is vanaf Veggroep Juliet. Juliet was ‘n skeletmag wat opgetree het in die jaar voordat 61 gestig is 1 Januarie 1979.

Hierdie pamflet stel ook op die onderste prentjie voor hoe die mag saam gestel is, dit was besonders. Die SAW en besonder die SA Leer in daardie jare, het die veggroepkonsep vervolmaak. Die Amerikaners wat lank reeds in veggroepe funksioneer het, het na ons toe gekom en gesê, “Hel wat julle reg kry, kry ons nie reg nie.” Die kenteken is ‘n verhaal van leiers wat die afgelope jare by mekaar staan. Terloops, is hier iemand wat graag wil hê dat ons in Engels ook moet kommunikeer?

Agterop is die 61 Veteranevereniging se visie en doelstellings. Ek gaan dit nie deurlees nie, want dit is hoekom ons vir elkeen ‘n pamflet gee. Neem dit ter harte want dit is waarop ons trots moet wees om in so ‘n besonderse eenheid te kon gedien het.

Verder omtrent die 61 Veterane, die junior leiers van hierdie veggroep het net weereens bewys hulle is van ‘n ander kaliber. Hulle het die inisiatief geneem en besluit om die 61 Veteranevereniging te stig. Nie die generaals nie, die korperaals en die luitenante, ons eer hulle daarvoor, vir die dryfkrag en inisiatief en vir alles wat daarmee saamgaan. Ariel Hugo, die sameroeper, sit daar onder in die Kaap, drink wyn maar in gedagte is hy vandag met ons. Hy is die ou wat die vereniging dryf.

Daar is saam met hom ‘n formidabele span en wat fantasties is, is dat dit troepe en juniorleiers is. Die web, ons gaan poog om met 3G “connection” die laptop te gebruik om aan julle te demonstreer hoe die web daar uitsien. Dankie daarvoor, hierdie is ‘n besonderse vriendelike web en u kan dit gerus gebruik. Dit is die inisiatief, dryf en die entoesiasme van Gert Minnaar, wat ek nou vra om op te staan. Gee vir hom ‘n hande klap. Wat hy doen in sy vryetyd is fenominaal. Hy kan “push” vir resultate en nou terwyl ons daaroor praat van “push”. Hier is ‘n paar manne wat vir Gert skuld. Kobus staan op, jy skuld vir Gert. Neels staan op jy skuld vir Gert, Junior, jy mag sit, kom ons klap vir hom hande, hy’t produce. Andre Kruger staan op, “jy skuld vir Gert.” Kowie, ek kan so aan gaan, kom ons help om die inligting opdatum te kry. Hierdie web is elkeen van ons se web, die bevelvoerder kan sy verhaal vertel, hy kan sy raamwerk gee, maar die werklike inhoud is dit wat saak maak wat die lede moet gee.

Die Bosoorlog op TV was ‘n klomp verdraaings wat die SAW in ‘n swak lig gestel het. Dit het my bloed laat kook en ek distansieer my van daardie tegniese en taktiese inhoud wat foutief gebeeldsaai is. Dit moet juis maak dat hierdie 61 web iets besonders is, en sorg dat daar ‘n feitelike verhaal, maar ook lekker stories is.

Die 61 Veterane het al begin om in streke bymekaar te kom, streke wat alreeds aktief is, is die Kaap, George, Durban, Bloemfontein. Om ‘n streek te aktiveer is iemand wat in die streek woon wat sê, “Ek is ‘n 61 Veteraan en ek wil die ouens hier in my omgewing bymekaar kry, kom ons organiseer hierdie byeenkomste.” Dit vra ‘n bietjie inisiatief en ‘n eksta poging om hierdie eenheid uniek te maak.

61 Veterane lidmaatskap, as elkeen van ons na vandag 2 lede kan werf, weet julle dan sal daar in Augustus maand, een jaar na die stigting alreeds 500 lede wees, op die oomblik is dit 200 lede, ons kan dit doen. Julle moet help om lidmaatskap momentum te gee, so dis ‘n beroep wat ek op u doen, kom ons teken aan en kry ander om lid te word, dit bring samehorigheid. Dit oor die vereniging.

Ek kom nou by Operasie Smokeshell. Ek vind dit moeilik om oor Smokeshell te praat, want ‘n ou praat nie elke dag daaroor nie. Maar dit is oor ‘n paar minute 29 jaar gelede, wat dit H uur van Smokeshell was.

Daar kan baie stories vertel word, wat ek nie gaan doen nie, maar ek wil ‘n paar punte uitlig. Voordat ons by die afmarspunt gekom het, het ons die vorige dag, nag en die oggend van D-dag beweeg op pad na die doelwit om betyds daar te wees. Die uitvoering was puik. Dit was die sort detail beplanning wat 61 vir die 26 jaar van sy bestaan gedoen het.

Op pad na die doelwit is daar in elke voertuig ‘n kaartjie uitgedeel aan elke soldaat wat deelgeneem het aan die operasie. Daar is baie van die troepe wat vandag nog die kaartjie het. Hier in die dagboek ‘n voorbeeld, in Engels en Afrikaans, dit lees soos volg: “2 Timoteus 2: Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat jy in Christus Jesus het.” NOU IS DIE TYD!! Vir jouself, jou makkers, jou veggroep, jou land en volk en jou God.

Mens vra? Hoekom hou manne hierdie kaartjie? Dippenaar, hoekom hou jy die kaartjie? Die antwoord is eenvoudig, want hierdie kaartjie sê, ons is en ons was vir mekaar belangrik. Dit moet nou nog so wees. En ons was en is, interafhanklik van mekaar, veral in die uur van vrees en benoudheid. Onthou, die oomblik van kontak het nader gekom en ek was bang daar is nie so iets soos braaf wees nie. Hierdie kaartjie het vir ons esprit de corps gegee en dit is dit wat hierdie eenheid maak wat hy was en is en gaan bly en u dra daar toe by. Vandag is n besonderse dag, en ek wil niks ontwrig nie, maar ek wil vra dat die Smokeshell deelnemers asseblief na vore kom, kom staan hier voor by my.

Mike, Tony, Hennie, Marco kom hier Neels, Junior jy was die “kingpin”-man. Op hierdie manne kan ons ongelooflik trots wees, hulle en hulle makers het al etlike jare gelede begin om in Bloemfontein by mekaar te kom op die 10de Junie. Verlede jaar 10 Junie, bel hulle my vanuit Bloemfontein, terloops 10 Junie is vir my ‘n belangrike dag. Vanoggend was daar 5 oproepe. Paul Fouche uit Durban, Thys Rall uit Windhoek. Witkop Badenhorst, Willem van Rensburg ens. Die manne wat in Bloemfontein bymekaar gekom het het ongelooflike verhale wat hulle vertel, van hoe hulle makkers daar berusting gevind het, “closure” gekry het. Ons mag maar die swaar tye en gedagtes met kollegas deel. Die ouens wat bloed gesien het, het dit nie maklik om te praat nie en moet op ‘n manier ontlaai, ek salueer hulle.

Daar is nog iets wat vandag besonders maak. Generaal Jannie Geldenhuys, die BG SWA Generaal Witkop Badenhorst was my onmiddelike bevelvoerder, Generaal Witkop was Ops Sceptic bevelvoerder waarvan Ops Smokeshell deel was. Generaal Holthauzen as Inspekteur Generaal van die Leer het die operasie tot op die doelwit meegemaak. Besef u wat dit is om hierdie manne as leiers in oorlog te kon hê en om hulle vandag hier saam te hê. Hierdie operasie was die grootste gemeginiseerde operasie wat die SA leer sedert die tweede wereld oorlog gedoen het. Die destydse Hoof van die Leer, Generaal Constant Viljoen het gister 12 uur gebel om te sê dit is vir hom hartverskeurend om te laat weet dat hy dit nie sal maak nie. Hy bly in Ohrigstad en ry moeilik op ver paaie daarom ry hy saam met ‘n dominee en sal dit nie betyds maak nie. Sy boodskap is dat hy trots is op die manne van 61. Aan die Opper Offisiere, dankie vir julle leiding. Dankie dat julle hier is dankie dat julle 61 onthou, ons waardeer dit.

Nog ‘n verhale van Smokeshell op 11 Junie, 29 jaar gelede, het Generaal Viljoen se Ratel ‘n dubbele landmyn met die regtervoorwiel getrap. Die voertuig wat gevolg het was 9G (Nege Golf) die gunner, wat altyd naby moet wees. Terloops Tobie Vermaak (Artillerie bev) is in Natal en hy het groete gestuur. ‘n Troepie in die volg voertuig vertel die myn insident so: “you have never seen something like that. It was like an ape jumping in the air and the next moment it landed on the side of the vehicle ready with his R5 weapon for action.” Dit was Generaal Viljoen. Dit is die storietjies waaroor ons kan lag en praat. Generaal Viljoen het as Hoof van die Leer saam die operasie meegedoen en het op geen stadium ingemeng met bevel nie.

Ons kan trots wees op die Bosoorlog geskiedenis. Die Russe het in Afganistan in die Midde Ooste, en in Afrika ingekom met hulle ekspansionisme. Hulle wou hierdie wêrelddele oorheers. In Suider Afrika het die SAW en seuns, waarvan 61 deel was die Russe gestuit, en terug gestuur. So kom ons igoreer die stories dat ons verloor het. Ons kan en moet trots wees op wat ons vermag het. Westerse buitelandse besoekers in die negentigerjare, wat na ons praktiese gevegsopleiding kom kyk het, ons beskryf as die beste weermag in die wereld en u was deel daarvan. Nog ‘n storie wat ‘n onreg sal wees om dit nie te vertel nie handel oor die verhaal in hierdie skildery; Die vlieenier in die helikopter het ‘n honoris crux medalje gekry. Die vlieenier het onder vyandelike lugafweer vuur geland. Die rookwolk in die agtergrond is die doelwit waarop daar 13 troepe gesneuwel het. Die Ratels is die Veggroep Hoofkwartier met die Juliet Een (ambulans) wat afvoer van gewondes na die Helikopter oorplaas. Ek gaan nie al die gewondes lys nie dit kan u in boeke lees of op die web. Daar is egter een van daardie gewondes hier teenwoordig. Hierdie man het deur die jare my by gebly en is nog steed ‘n voorbeeld. Sy naam is HP(Hennie) Ferreira. Daardie dag toe die gewondes oorgelaai word het Dr Loubcher aan my gesê dat HP Ferreira as dood verklaar kan word want hy het ‘n 14.7mm en vier AK geweerkoels deur sy ingewande. As die menslike reuk daar is is daar nie ‘n manier wat jy dit kan oorleef nie. Op die sitrap is HP Ferreira as gesneuwel gerapporteer. Later die aand was daar nog verder “pressure” toe ons verdwaal het en toe Paul Fouche uit ‘n kontak sitsuasie in die donker met flairs en praat gehelp moes word. Hierdie storie kan Paul self vertel waar sy gunner op sy skoot kom sit het en gevra het waar is die majoor? Later die aand was daar ‘n dringende sein direk van Hoof van die Weermag wat ‘n verduideliking wou hê hoekom daar net een kanon is wat siek. Gelukkig was ek bevoorreg om ‘n Hoof van die Leer by my te hê wat ‘n “gunner” is en die vraag maklik beantwoord het. Dit is die insiek skoot van die kannone wat die “airforce” gerapporteer het met hulle vertrek.

Terug na die gebeure met HP Ferreira. Die volgende dag (11 junie) is dit die dag van landmyne wat ontplof, tussen hierdie ontploffings was daar ‘n ander vreemde ontploffing wat ek so kan beskryf: Dippenaar wat die donner gaan met jou aan? Hoe kan jy ‘n man wat leef dood rapporteer? Dit was Witkop Badenhorst op die Veggroep interne radionet. Hy stuur ook seinberigte, gelukkig was daar nie sms en selfone nie. Weke later is ons op besoek aan 1 Militere Hospitaal om die gewondes te besoek. Dit sou die eerste keer wees wat ek HP van aangesig tot aangesig sou ontmoet. Ek het die pasiente-lys bestudeer en het presies geweet waar HP se bed is. Ek het ge-stress want ek het nie geweet wat om te verwag nie. Toe HP my sien was eerste woorde: Kommandant, jy sê ek is dood maar jy weet mos ontkruid vergaan nie. HP Ferreira het ‘n ongelooflike verhaal wat julle sal laat stil word. In die verlede is HP genooi om aan moedelose mense te vertel waartoe mens instaat is deur geloof. HP Ferreira is vanaf Bloemfontein hier en sy seun is saam met hom. Ons salueer jou, (applous). HP sal nou vir ons sy storie vertel.

Documents

    No Documents added

Images