Uitnodiging na die amptelike opening van die SA Weermag Muur van Herinnering

Revised: October 14, 2009 Tags:

Uitnodiging

Hierby aangeheg is die uitnodiging na die amptelike ingebruikneming van die SA Weermag Muur van Herinnering op die Voortrekkermonument Erfenisterrein om 09h15 vir 09h50 op Sondag, 25 Oktober 2009.

Gebruik die ingeslote vorm om bywoning te bevestig

Dit sal waardeer word indien u die ingeslote RSVP-vorm asb teen nie later nie as 10 Oktober 2009 kan terugstuur en kan verwittig indien daar op enige stadium daarna ‘n verandering in u planne kom, sodat die sitplekreëlings dienooreenkomstig aangepas kan word.

Kranslegging en kruisplanting

Ten opsigte van die kranslegging en kruisplanting sal daar voorkeur verleen word aan naasbestaandes en persone wat topbevels- en ander sleutelposte in die SA Weermag beklee het, asook verteenwoordigers van militêre veterane organisasies. Ander deelnemers word nietemin versoek om ook blomme te bring wat hulle by die Muur kan plaas.

Die herdenkingsdiens sal gelei word deur Genl-maj (ds) Johan de Witt, afgetrede Kapelaan-generaal van die SA Weermag.

Spesiale reëlings vir die bywoning van ‘n buffet-ete by die VTM Restaurant

Persone wat na afloop van die plegtigheid ‘n buffet-ete in die VTM Restaurant wil nuttig, moet asb self vooraf direk by die restaurant bespreek by 012 321 6230 (Die koste per persoon is volwassenes R120, pensionarisse R110, skoolgaande kinders R50 en voorskoolse kinders R25. Opbetaalde Vriende van die VTM kan ‘n verdere 10% afslag op bovermelde pryse kry indien hulle hul bewys van lidmaatskap beskikbaar het). Bespreek asb vroegtydig om teleurstelling te voorkom!

Verdere navrae

Kontak gerus vir Gert Opperman, Hoof Uitvoerende Beampte
Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting
Tel : 012 326 6770
Faks: 086 615 9587
Sel: 083 300 4580
E-pos: hub@voortrekkermon.org.za gerto12@telkomsa.net www.voortrekkermon.org.za

Documents

Images