Vang 'n Boer - Louis Bothma se nuutste boek

Revised: December 12, 2012 Tags:

Die stryd tussen Boer en Ovambo is die verhaal van twee volke waarvan die paadjies meer as 80 jaar voor die Grensoorlog/War of Liberation (1966 tot 1989) die eerste maal gekruis het

Die boek gee nuwe perspektiewe op ‘n oorlog wat tot dusver binne die konteks van ideologiee (apartheid en kommunisme) verstaan is. ‘n Komplekse historiese proses wat die oorlog voorafgegaan het, word beskryf. Die klem val nie net op die militere konfrontasie tussen Boer en Ovambo nie, maar die diplomatieke, politieke en ekonomiese stryd wat ten nouste daarmee verband hou, word geanaliseer

Waar Boer en Ovambo dit in die bos met die wapen uitspook, is dit nie ‘n eensydige stryd waar die een kant al die helde oplewer en die ander kant die skurke is wat in massas afgemaai word nie. Die stryd woed ook nie net in die bosse op die Grens nie, maar reg oor die hele Suider Afrika en in die vergadersale van die Verenigde Nasies.

Die stemme van die burgerlike bevolking – die kwesbares, onskuldiges en onbewapendes – word tussen die oorlogsrumoer gehoor. Uiteindelik word die boek een lang gevallestudie van hoe politici en hulle militere dienaars met die ondersteuning en aanmoediging van die kapitaalkragtiges en magsugtiges, met gewone mense in ‘n oorlog mors.

Die boek met 618 bladsye teks en 32 bladsye foto’s kos R385 (posgeld en BTW ingesluit) en jy kan dit direk van Louis Bothma bestel by bothmalj@mweb.co.za of selnommer 083 272 8734

Documents

    No Documents added

Images