Verblyf vir 61 Meg veterane oor die naweek van 19 en 20 Augustus 2016 by die Tuishuis gastehuis in Centurion

Revised: January 01, 1970 Tags:

TUISHUIS LODGE IN CENTURION SE SPESIALE AANBOD AAN 61 MEG VETERANE VIR VERBLYF OP 19 & 20 AUGUSTUS 2016 

Vrydag 19 Augustus word die 61 boek in Pretoria bekend gestel

Vrydagaand 19 Augustus 2016 beplan die 61 Meg Veteranevereniging 'n baie spesiale geleentheid in Pretoria om die 61 Meg boek bekend te stel. Die reelings vir hierdie funksie sal binnekort bekend gemaak word

Saterdag 20 Augustus vind die jaarlikse gedenkdiens en parade plaas by die Ditsong Museum vir Nasionale Krygsgeskiedenis in Saxonwald, Johannesburg

Saterdag 20 Augustus is dit weer tyd vir ons jaarlikse gedenkdiens, parade en aanbieding by die Ditsong Museum vir Nasionale Krygsgeskiedenis in Saxonwald, Johannesburg.

Spesiale aanbod deur Tuishuis Lodge by Von Willich laan 160, Centurion

Elke jaar is daar manne en vroue wat van ver af reis om deel te wees van hierdie naweek. Die Tuishuisgastehuis in Centurion naby die Jeanlaanafrit  het vir die 61 Meg Veteranevereniging spesiale pryse vir verblyf op Vrydag 19 Augustus en Saterdag 20 Augustus beskikbaar gestel, maar dan moet ons vinnig spring en ons besprekings maak voor die einde van April:

- As jy alleen in 'n selfsorgkamer wil bly gaan dit jou R650 per nag per kamer kos
- As julle twee persone in 'n selfsorgkamer wil bly (twee enkelbeddens of 'n dubbelbed) gaan dit julle twee saam R975 per nag per kamer kos (R487-50 per persoon wat deel per nag)
- As jy alleen in 'n kamer met bed en ontbyt wil bly gaan dit jou R730 per nag per kamer kos
- As julle twee persone in 'n kamer met bed en ontbyt wil bly (twee enkelbeddens of 'n dubbelbed) gaan dit julle saam R1 095 per nag per kamer kos (R547-50 per persoon wat deel per nag)
- As jy alleen in 'n kamer met bed, ontbyt en aandete wil bly gaan dit jou R910 per nag per kamer kos
- As julle twee persone in 'n kamer met bed, ontbyt en aandete wil bly (twee enkelbeddens of 'n dubbelbed) gaan dit julle saam R1 365 per nag per kamer kos (R682-50 per persoon wat deel per nag)
- As julle in die familie eenheid met slaapplek vir 3 mense bly gaan dit R1 300-00 per nag kos

Ons boek gewoonlik die Vrydagmiddag in. Die Vrydagaand is daar die funksie met die boekbekendstelliong waar mens kan aandete kry. Saterdagoggend is ons vroeg op pad Johannesburg toe en Saterdagaand braai ons op eie teiken eie tyd by die Tuishuis Lodge. Sondagoggend na ontbyt boek die mense gewoonlik uit
 
Jy kan jou plek bespreek  met 'n mail na tuishuis@mweb.co.za of deur 012-654 5713 te skakel

Documents

    No Documents added

Images