Vierde algemene jaarvergadering van 61 Meg Veteranevereniging op Saterdag 24 Augustus 2013

Revised: August 14, 2013 Tags:

Vierde algemene jaarvergadering van 61 Meg Veteranevereniging op 24 Augustus 2013

Die 61 Meg Veteranevereniging hou op Saterdag, 24 Augustus 2013, sy vierde Algemene Jaarvergadering by die Ditsong Nasionale Oorlogmuseum in Saxonwald, Johannesburg.

Hierdie uitnodiging is vir vriende, belangstellendes, dienende lede en veterane wat assosieer met 61 Meg Veteranevereniging.

Almal is welkom, en ons sal graag wil sien dat die voormalige weermanne, skutters, kavelariste, kanonniers, seinmanne en sappeurs asook die oudleiers van alle range van 61 Meg hierdie dag saam kom geniet. Dit sal lekker wees om baie van die oud NDP’s wat die ruggraat van 61 Meg deur die jare uitgemaak het, by hierdie spesiale dag te ontvang.

Veterane wat deel was van Veggroep Juliet in 1978 is ook baie welkom by hierdie geleentheid, want hulle is ook deel van ons trotse geskiedenis.

Programme for 24 Augustus 2013

08h00: Hys van vlae. 61 Meg uitstalling in die museumkamer is oop vir besoeke. Registrasie van lede/ Hoisting of flags. 61 Mech display open to view in the museum room. Registration of members.

08h45: 61 Veterane Algemene Jaarvergadering / 61 Veterans Annual General Meeting

10h00: Eregaste en gaste om te sit vir parade en gedenkdiens / Dignitaries and guests to be seated for parade and memorial service

10h10: Veterane tree aan. Baniere word vertoon/Veterans form up and Banners are displayed.

10h15: Parade en gedenkdiens / Parade and memorial service

11h15: Koffie, tee en ligte verversings / Coffee, tea and light refreshments

11h45: Voorligting vir Operasies Phoenix, Dolfyn en Askari in JC Lemmer auditorium

13h00: Ligte middagete en drinkgoed te koop, voorsien deur Unika Voortrekker kommando (hamburgers, hot dogs en vetkoeke), en kuier saam. Light refreshmments and drinks to buy, provided by Unika Voortrekker Commando. Socialise and relax.

14h00: Skouerskuur at Steel Helmet shell hole in Parkhurst

Confirmation of attendance

The JC Lemmer auditorium seats 176 people and we encourage you to confirm your attendance to the 3 events on 24 August 2013 by informing your particulars and the number of people in your party by e-mail to admin@61Mech.org.za by not later than 16 August 2013.

A list of all the people who have confirmed their attendance will be displayed on our member site at www.61Mech.org.za so that you can see which old faces you will meet again on this big day. This list will regularly be kept up to date for everybody to see.

Drag

Dit sal gaaf wees as u die voorgeskrewe 61 Meg Veteranevereniging baadjie, das en kakhibroek kan aanskaf vir hierdie groot dag op 24 Augustus 2013, maar dis natuurlik nie verpligtend nie. Dis vir ons belangriker dat u daar sal wees om deel te wees van die spesiale dag.

Documents

    No Documents added

Images