Visie en doelstellings van die 61 Meg Bataljon Groep Veterane Vereniging.

Revised: October 26, 2012 Tags:

Inleiding.

Op 30 Augustus 2008 is die amptelike stigtingsvergadering van die 61 Meg Bataljon Groep Veterane Vereniging in Pretoria gehou.

Die oudbevelvoerders , offisiere , adjudant-offisiere en manskappe teenwoordig het besluit om hulle te vereenselwig met ‘n bepaalde visie en ooreengekome doelstellings vir hierdie veterane vereniging.

Visie van die 61 Meg Bataljon Groep Veterane Vereniging.

Die vereniging se visie is om die besondere militere nalatenskap van 61 Meg Bataljon Groep te koester , te bewaar en te bevorder tot voordeel van die oudlede van die eenheid , die krygsgeskiedenis en vir die algemene publiek.

Doelstellings van die 61 Meg Bataljon Groep Veterane Vereniging.

Die veterane vereniging het die volgende doelstellings:

  • om alle oudlede ( van alle weermaglede ) te betrek en weer deel te maak van die unieke kameraderie wat 61 Meg gekenmerk het.
  • om die etos van 61 Meg te laat voortleef in terme van professionele optrede , onderlinge respek en vertroue , inherente waardes , sonderlinge vriendskappe en goeie dissipline wat die eenheid gekenmerk het. Ons is en was vir mekaar belangrik en ons was interafhanklik van mekaar in die uur van konflik – hierdie esprit de corp wil ons ook handhaaf in tye van vrede.
  • enige aksie wat ons loods moet ‘n positiewe uitwerking op nasiebou , vrede en versoening in die algemeen inhou en geen politieke konnetasie sal aan ons aktiwiteite gekoppel word nie.
  • om 61 Meg se militere nalatenskap behoorlik te laat dokumenteer en aanteken – beide die menslike ervarings asook die groot bydrae wat die eenheid tot die doktrines van mobiele oorlogvoering gelewer het.
  • ons besef dat sommige van ons oudlede as gevolg van baie intense gebeure waaraan hulle op ‘n jong ouderdom blootgestel was , op soek na finaliteit of “closure” mag wees , en ons aanvaar ook die verantwoordelikheid om hulle met hierdie proses te probeer help.

Aksieplanne om die doelstellings tot uitvoer te bring.

  • Registrasie as amptelike veterane vereniging by die betrokke owerhede.
  • Ontwikkeling van ‘n webwerf om as kommunikasiemedium te dien ter bereiking van die oudlede , spesifieke belangegroepe en die algemene publiek.
  • Die skryf van ‘n boek of boeke oor 61 Meg .
  • Toere na Angola .
  • Die stoor en bewaar van 61 Meg momento’s.
  • Reunie met oudlede.

Documents

    No Documents added

Images