Wit manne...se wapens - 'n Toneelstuk met Gys de Villiers

Revised: April 07, 2014 Tags:

Hierdie is ‘n lekker humoristiese, nostalgiese terugblik op ons ouer wit mans se tyd in die weermag. Die troepie, die korporaal, die slapgat en die vaak seuns kom maak almal ‘n draai.
Ook die groot vraag, waar staan ons nou na alles wat ons moes deurmaak?

Greig Coetzee se “White Men With Weapons” is vertaal deur Gys de Villiers en word in sy unieke fisiese styl tot groot vermaak van die gehoor aangebied. Kom ervaar weer daai eerste oomblikke in die kamp, ontmoet weer jou kolonel, jou korporaal asook jou mede dienspligtiges…

Daar is net 400 kaartjies beskikbaar vir hierdie vertoning, en hier is nou die kans om vir jou vrou en familie te laat help verstaan wat jy moes deurmaak in die SAW en Seuns. Kom ervaar dit so reg uit die perd se bek uit.

Kaartjies kos R110 onder in die teater en R105 op die gallery en moet by ons streeksverteenwoordigers aangekoop word voor die einde van April

Jy kan solank jou kaartjies bespreek en betaal deur ons streeksverteenwoordigers te kontak, en ‘n sitpleknommer(s) sal aan jou toegeken word vir jou kaartjie(s). Jy kan jou kaartjies dan of by die streeksverteenwoordiger afhaal of op die aand van die vertoning van 19h00 in die foyer van die Atterbury teater:

1. Pretoria – Wessie van der Westhuizen by Wessie.VanderWesthuizen@sita.co.za
2. Oos-Rand – Jaco Swanevelder by jaco@thrifty.co.za
3. Wes-Rand – Mike Beyl by zenocara@gmail.com
4. Johannesburg Sentraal – Robert Torrani by robert@popcornadvertising.co.za

Voorkom teleurstelling en bespreek en betaal jou plekke nou dadelik, want die kaartjies word van die voorste ry aan die streeksverteenwoordigers geallokeer en dan werk ons dit so deur na die gallery toe

Betaling vir jou kaartjies moet direk aan die 61 Meg Veteranevereniging gemaak word nadat jy jou kaartjienommer(s) bevestig het met jou streeksverteenwoordiger wat ‘n sitplekplan van die Atterbury teater het om jou sitplekke af te merk

So maak mens…met die betaling van jou kaartjies

1. Bevestig jou sitpleknommer(s) met die streeksverteenwoordigers wat jou naam langs die kaartjienommers op ‘n kontrolelys sal neerskryf
2. Jou besonderhede langs jou kaartjienommer laat jou ook kwalifiseer vir ‘n gelukkige prystrekking op die aand van die vertoning
3. Betaal dan die totale bedrag vir jou kaartjies in die 61 Meg Veteranevereniging se bankrekening in

Rekeningnaam – 61 Mech Battalion Group Veterans Association
Bank – Standard Bank
Tak – Northcliff, Johannesburg
Takkode — 630 522 vir kontantdeposito’s of 006 305 vir EFT’s
Rekeningnommer – 00 329 366 1
Verwysing – JOU NAAM/SITPLEKNOMMERS

4. Mail bewys van jou betaling met die sitpleknommers duidelik gemerk na admin@61Mech.org.za of faks dit na 0867720115 toe

As daar enige van ons veterane is wat die kostes vir die huur van die Atterbury teater en/of die kunstenaar wil borg of help borg, kontak asseblief vir Ian Serfontein by iserfontein@mweb.co.za

Documents

    No Documents added

Images