Operation Dolfyn

Operational Years

Objective of the Operation

Operation Dolfyn had the following objectives, namely to conduct: 1.operations against Swapo concentrations north of the town Cuvelai in order to disrupt its logistical routes as well as the functioning of the Swapo headquarters in that area 2.operations west of the Cunene river in order to disrupt Swapo activities and to kill as many insurgents as possible 3.offensive actions east of the Cunene river in order to exterminate or displace swapo special units or detachments 4.aggressive area operations in order to force the FAPLA garrison at Cuvelai to withdraw 61 Mech was part of combat group Charlie, the reserve force, and was tasked to do the following: 1.escort services 2.safeguarding the echelon 3.security patrols 4.protection of engineer and recovery teams 5.laying of ambushes 6.mobile pursuit operations 61 Mech consisted of the following subunits during Operation Dolfyn: 1. a mechanised infantry company 2.an artillery battery 3.an armoured car squadron 4.an anti-tank group 5.a mortar fire group

Composition of 61 Mechanised Battalion Group

TBC

Personal Impressions of the Commander

Hierdie operasie was meer ‘n operasionele aktiwiteit om SWAPO gebied te ontse

Operasie Dolfyn in die Suide van Angola het nie uitwissing van ‘n spesfieke vyandelike doelwit ten doel gehad nie en was in vergelyking met ander operasies van lae intensiteit. Dit was volgens my mening slegs ‘n operasionele aktiwiteit na die laat somer SWAPO infiltrasie om die suidelike operasionele gebied in Angola van SWAPO te ontsê en hulle uit die gebied te verdryf.

Die magte betrokke

Die magte wat, sover ek kan onthou, betrokke was by hierdie operasie, was 61 Meg Bataljon Groep, 4 SAI Bataljon, tydens hierdie operasie bekend as 62 Meg Bataljon Groep en onder bevel van kommandant Andre Kruger, en ‘n Burgermag Gemeganiseerde Bataljon Groep (Regiment Groot Karoo) onder bevel van kommandant Blackie Swart. 32 Bataljon onder bevel van kommandant Eddie Viljoen was ook deel van Operasie Dolfyn en het as ek reg kan onthou, groot suksesse met hul optredes gehad.

Dinge het vinnig begin gebeur

Hierdie operasie het vinnig afgeskop. Ek kan onthou dat ek en my familie die Sondag middag in Mei middagete by die menasie in Tsumeb geniet het, toe die radiobediener my kom roep met die boodskap dat ek brigadier Joubert, bevelvoerder Sektor 10 op Oshakati, moet kontak. Hy het my opdrag gegee om binne 3 uur by HK Sektor 10 te rapporteer vir ‘n ordergroep en ook dat 61 Meg Bataljon Groep in “no time “ moes mobiliseer vir ‘n operasie in Suid — Angola. Hulle moes voor laaste lig ontplooi. Dit was gedoen sonder enige moeite (61 Meg Bataljon Groep was uit die aard van sy missie ‘n snel ontplooingsmag). Ek het die Mag op Ondangwa ingewag en sommer radio orders gegee.

Die opdrag vir 61 Meg

61 Meg se opdrag was om gebiedsoperasies in die omgewing Nehoni /Dova te doen en sy verantwoordelikheidsgebied deur middle van aktiewe patrollering te domineer. Die mag het by die Nehoni sendingstasie ‘n veggroep laer getrek, ingegrawe en deur middel van mobiele en voetpatrollies ons taak uitgevoer en ook deur middel van Komops operasies ondersteuning aan die die plaaslike bevolking in die gebied gegee.

Veral die dokter en medics was baie besig. Die genie troep, wat verantwoordelik was vir watervoorsiening aan die Veggroep, het ‘n boorgat se pype getrek, ‘n dompelpomp en Lister engin herstel en binne ‘n dag het almal in die omgewing genoeg water gehad vir mens en dier, ‘n kommoditeit wat daar voorheen nie was nie.

Ons teenwoordigheid laat die vyand ons vermy

Ons teenwoordigheid in die gebied was geen geheim nie, inteendeel ons wou ons teenwoordigheid laat geld. Dit sou in elk geval moeilik wees om met ‘n gemeganiseerde mag geheimhouding en verrassing te bewerkstellig. Derhalwe het ons ten spyte van aktiewe patrollering, geen kontak met vyandelike patrollies gemaak nie. Ek dink ook nie dat hulle graag met ons wou kontak maak nie.

Wat betref die ander eie magte ontplooiings in die gebied was 62 Meg Bataljon Groep aan ons ooste kant met dieselfde opdrag en kommandant Blackie Swart se veggroep verder noord in die omgewing van Mupa. Ek kan egter nie onthou wat hulle opdrag was nie maar kan net onthou dat hulle ‘n hele aantal myne met voertuie getrap het.

Aanvulling was ‘n uitdaging gewees

AO1 HG Smit, RSM en echelonbevelvoerder met roepsein 9F, moes weekliks Ongiva toe ry om aanvulling te doen. Ons was tydens hierdie operasie nie die luuksheid beskore om op paaie te ry nie. Enige beweging per voertuig was van ‘n bosbreek en akkurate navigasie vermoë afhanklik. So ‘n aanvullingspatrollie Ongiva toe en terug het ‘n volle 2 dae geduur. Verder kon mens ook nie, as jy jou lewe lief gehad het, op dieselfde spore wat jy die vorige dag getrap het, terugry nie.

Bosbreek en navigasie was die Pantser Eskadron met Ratel 90s se taak. Twee Ratel 90s langs mekaar met hul torings agtertoe gedraai kon deur geen boom gekeer word nie en het die ding gedoen. Met kompas en 250,000 skaal kaarte wat maar half verouderd was en sterre in die nag moes ons oor die weg kom en ons het. Die spoed van beweging deur die bos in Suid Angola met uitsonderlike digte plantegroei was gemiddeld nooit meer as 10 km per uur nie.
Ons RSM was ‘n man wat kon organise

Na so ‘n “rat run”, soos dit genoem was, was daar weer onderdele beskikbaar vir die voertuie en vars vleis vir die manne en soms ook pos van die huis af. Sammajoor HG Smit het oor die vermoë beskik om meer vleis te “organise” as waarop ons geregtig was maar niemand het gekla nie. Dit het dan ook per geleentheid gebeur dat ons 2 dose vleis vir ‘n Ratel ratkas kon verkwansel, ‘n wen- wen situasie.

Die Burgermag sien bietjie aksie

‘n Opwindende wending in die intensiteit van Operasie Dolfyn was toe vegspanne van Blackie Swart se veggroep in hewige gevegte met vermoedelik FAPLA magte in die omgewing suid van Techemetete betrokke geraak het. Ons het maar verlangend na die sitrappe van hierdie veggroep gekyk en gewonder waarom ons dan nou op die bank moet sit. Hulle het nie Ratel 90s gehad nie en moes met Eland pantserkarre klaarkom.

61 Meg moet gereed maak vir aksie

Die volgende dag ongeveer 17h00 kry 61 Meg die opdrag om noord te verskuif na Mupa en om teen 08h00 die volgende oggend gereed te wees vir optrede teen vyandelike magte. Die afstand van ons posisie op daardie oomblik tot by Mupa was soos die kraai vlieg deur digte bos, 100km.

61 Meg kon ordentlik navigeer

Die Meg Infanterie kompanie van kaptein Hannes van der Merwe was op daardie stadium nog besig met patrollering, 50 km oos van ons posisie. As hy met sy kompanie moes terugkeer voordat ons kan vertrek sou die tyd ons vang. Teen 1h00 rapporteer 61 Meg marsgereed en met ‘n navigasie plan en 2 Ratel 90s met hul torings agter toe gedraai durf ons die Angolese bos teen tyd aan.

My opdrag aan Hannes van der Merwe was om ook in die rigting van Mupa te beweeg op ‘n bepaalde kompaspeiling sodat ons in die loop van die nag kan saamsmelt. Ongeveer 24h00 daardie nag praat ek met Hannes op die radio en versoek hom om ‘n ligfakkel op te skiet. Die fakkel wat hy toe skiet is ongeveer 50 meter oos van my Ratel. Maar net weer ‘n bewys van 61 Meg se vermoë om die soms onmoontlike te vermag.

Die nagtog deur die bos was nie sonder teëspoed nie. Baie rem- en hidroliese kabels, veral die van die logistieke voertuie, was afgeruk en die genie troep asook die Tiffie herwinnings Ratel het omtrent hul hande vol gehad om veral die bosbreek Ratels van boomstompe af te kry.

Ons sluit aan by die Burgermag se laer

Teen eerstelig die volgende oggend het die veggroep aanvulling gedoen en teen 08h00 was ons in posisie, gereed om ‘n opdrag te ontvang. Ek het Blackie Swart se veggroeplaer binne gery en ‘n redelik vae opdrag ontvang om na ‘n sekere posisie verder noord te beweeg en daar te wag vir verdere opdragte.

My voertuig trap ‘n myn

Met die uitbeweging uit sy laer en op soek na ‘n deurgang vir die veggroep deur ‘n spruit trap roepsein Ø ‘n myn. Met die bevelsvoertuig buite aksie klim ek toe maar op roepsein 1Ø (kompanie bevelvoerder van Alfa kompanie) se Ratel en beweeg met die mag na die RV soos opgedra.

Daar aangekom verneem ons dat die gevegte verby is. Brigadier Joubert wat op daardie stadium per helikopter geland het, beveel toe aan dat die doelwit deursoek en opgeruim word wat ons toe gedoen het. Dit is egter al wat ek oor hierdie gebeurtenis te sê het.

Die Tiffies het intussen my Ratel se vooras vervang en gou was Ø weer operasioneel. Hierdie gebeurtenis was die laaste stuiptrekkings van Operasie Dolfyn wat ongeveer 3 weke geduur het. Ons het daarna onttrek uit Angola en is terug Omuthiya toe.

So taai soos ‘n Ratel is die waarheid

Tydens hierdie operasie het ek die grootste respek gekry vir ons toerusting, veral die Ratel. Die Ratel vegvoertuig het die spreekwoord “so taai soos ‘n Ratel” spreekwoordelik gestand gedoen. Met AO2 Collin Deysel en sy Tiffies se toegewydheid het alle voertuie op hul eie terug gery Omuthiya toe.

Tell your Story

Did you serve with 61 Mech? Do you have a recollection or anecdote to share?

Subscribe Now and share your experiences.

If you subscribe to the member site, you can read stories and view photos which can not be accessed from the public site.