Operation Phoenix

Operational Years

Objective of the Operation

Operation Phoenix was a reaction or response by the security forces to the actions and tactics implemented by Swapo at the time, which were:

1. Diversions implemented on the cut line by certain PLAN groups with the aim of allowing other PLAN insurgents to infiltrate further south

2. Aggressive actions against vehicles and aircraft on and over the cut line

3. Infiltration over a wide and deep front(east and west of the Etosha game reserve)

4. Intimidation of the local population by means of murders, the laying of mines om farm roads and attacks on farm homesteads

5.The increased use of anti-personnel mines to hinder follow up operations by the security forces

6.The increased use of vehicles in order to be more urban orientated and thereby establishing a more favorable climate for Swapo to operate in

There was also the possibility of an election taking place before March 1983 and because of this it was Swapo's primary aim at this time to intimidate the local population to such an extent that this proposed election was either disrupted or swayed in favor of Swapo. 61 Mech was deployed to cut off the enemy, patrol designated areas, execute search and destroy operations, perform roadblocks and do farm protection operations during this operation.

Composition of 61 Mechanised Battalion Group

TBC

Personal Impressions of the Commander

Inleiding

Dit was ‘n bekende strategie van SWAPO om gedurende die reenseisoen sy spes magte na die boerdery gebied suid van die Owambo grens en die Etosha wildtuin te infiltreer om aanvalle teen die plaaslike bevolking te loods.

61 Meg Bataljon Groep het dan onder bevel van Sektor 30 met sy hoofkwartier op Otjiwarongo ondersteuning aan die SWA Polisie en Areamageenhede (Kommandos) gebied om in militêre optrede teen hierdie infiltrasies SWAPO se aanslag die hoof te bied. Bo en behalwe die gebruiklike soek en vernietigings operasies was klein groepies van 2-3 man op plase ontplooi om beskerming aan gesinne en plaaswerkers te bied.

61 Meg Bataljon Groep se invloedsgebied

Die teen-infiltrasie operasie van 1983 was genoem Operasie Phoenix. 61 Meg Bataljon Groep, onder bevel van Sektor 30, se invloedsgebied was vanaf die teerpad Tsumeb —Oshakati oosgrens tot die Atlantiese oseaan wesgrens met die Ovambo/ Ethosha wildtuin grens as noordgrens.

61 Meg Bataljon Groep, minus die Artillerie Battery versterk deur ‘n Gemotoriseerde Infanterie Kompanie van SWA Gebiedsmag in Buffel voertuie, was in die Etosha Wildtuin ontplooi met ‘n taktiese HK te Onaiso en operasionele HK te Kamanjab.

Die Artillerie battery se troepe was afgedeel aan die Etosha Areamageenheid om plaasbeskeming te help verleen. Ons opdrag was om vyand wat deur die gebied infiltreer op te spoor en te vernietig voordat hulle die boerdery gebied bereik.

Hierdie was ‘n enorme taak gewees

Hierdie was ‘n enorme taak as gevolg van die wye front wat gedek moes word en die aard van die sanderige terrein wat voertuigbeweging bemoeilik het. Verder was die verbindingslyn vir logistieke aanvulling, wat op ‘n gereelde basis moes plaasvind, ontsettend lank (Pretoria – Grootfontein- Kamanjab – Onaiso – tot by troepe op grond) en ‘n groot uitdaging vir enige echelon bevelvoerder. Vir ‘n RSM van HG Smit se kaliber was hierdie egter ‘n vulletjie. Onderhoud en diensbaarheid van voertuie was ‘n enorme taak en die tiffies het 24/7 en in skofte gewerk om die wiele aan die rol te hou.

Die verlies van twee artilleriste wat plaasbeskerming gedoen het

Gedurende die eerste vyf weke van Operasie Phoenix was daar geen aksie in 61 se verantwoordelikheids gebied nie. Die Etosha wildtuin was aktief gepatrolleer maar is geen spoor van enige vyand gevind nie.

Gedurende hierdie periode was ‘n plaas in die boerdery gebied aan ons oostekant aangeval en twee kanoniere (artilleriste) wat ontplooi was vir plaasbeskerming, anonniers C. F. Bezuidenhout en J. Bosse, word dood geskiet.

Vyandelike spore en oppurtunistiese optrede deur ‘n spesifieke Koevoetbevelvoerder

Gedurende die sesde week toe daar reeds sprake was dat Operasie Phoenix sy einde nader, rapporteer kaptein Hannes van der Merwe (Meg Komp Bev) vyandelike spore net noord van die Suidelike grensheining van die Etosha Wildtuin. Die spore lei deur die heining verder suid na die boerdery gebied.

Terwyl hulle die spore gevolg het, het almal gewonder wat van kolonel Gert Naude, ook bekend as “Trinity”, van SWA Polisie met sy uiters bekwame spoorsnyers en terrosiste vegters geword het. Hierdie polisiemag het gewoonlik elders naby potensiële aksie laag gelê en vermoedelik alle radio frekwensies, ook die van die SA Leër, gemonitor. Wanneer magte dan vars op ‘n vyandelike spoor is het hy met sy mag inbeweeg, oorgevat, kontak met die vyand gemaak, doodgemaak en die sukses van aksie vir hom toegeeien. Trinity was derhalwe uit die aard van sy styl van optrede nie gewild by enige soldaat nie.

Trinity het dieselfde met kaptein van der Merwe gedoen behalwe dat sy mag geen vyand gedood het nie maar slegs een, die peleton bevelvoerder, gewond het. Diè het waarskynlik op ‘n stadium besluit genoeg is genoeg en omgedraai terug noorde toe met Hannes vd Merwe se kompanie op sy spoor in agtervolging. Trinity doen toe presies dieselfde en ry die gewonde peloton bevelvoerder met ‘n Casper dood. Die res van die vyand het egter sonder enige ongevalle ontsnap.

Die naam van die SWAPO peloton bevelvoerder was Malunga en by sy nadoodse ondersoek is gevind dat hy teen die einde gras geeët het om te oorleef. Hier het ek respek vir SWAPO vegters gekry.

Ek het kolonel Naude se optrede aan die bevelvoerder Sektor 30 gerapporteer wie hom en sy mag toe uit die gebied laat onttrek het. Ek moet egter noem dat ons samewerking met die SWA polisie baie goed was en dat ons gesamentlike beplanning en optrede gewoonlik tot sukses gelei het. Trinity se inmenging was in die geval die uitsondering.

‘n Honoris Crux vir 61 Meg

Terwyl die fokus op soek en vernietiging van die infiltreerders was, het ‘n polisie Casper ‘n landyn op ‘n tweespoorpad in die Etosha Wildtuin gedetoneer. Een insittende van die Casper het uitgespring en ‘n black widow teen-personeelmyn gedetoneer wat sy been tot onder die knie afgeskiet het.

Een van 61 se infanterie elemente was vinnig op die toneel. Tweede luitenant H.C. le Roux het sy eie lewe gewaag en die konstabel uit die mynveld gaan uithaal en beslis so sy lewe gered. Die genie troep het later ‘n hele aantal myne wat waarskynlik deur die insypelaars geplant was, gelig en vernietig. Vir sy dapper optrede in doodsgevaar het tweede luitenant le Roux ‘n HC toekenning ontvang.

Die einde van die operasie

So het Operasie Phoenix sonder enige verdere aksie tot ‘n einde gekom. Al wat ek verder kan onthou is dat ons gedurende die nag uit die operasie onttrek het terug Tsumeb toe.

Die Ratels was deur die bank in ‘n slegte toestand en het Werksplaas herstel en onderhoud benodig. 101 Werksplaas op Grootfontein het ‘n uitstekende taak verrig en baie kort daarna was 61 Meg Bataljon Groep weer paraat en gereed vir die volgende operasie.

Tell your Story

Did you serve with 61 Mech? Do you have a recollection or anecdote to share?

Subscribe Now and share your experiences.

If you subscribe to the member site, you can read stories and view photos which can not be accessed from the public site.