24 Augustus 2013 - 'n Paar finale reelings en bevestigings

Revised: August 14, 2013 Tags:

Drag vir die parade en gedenkdiens

Dienende lede wat bywoon dra Drag 1A.

Die manne wat die 61 Meg Veteranevereniging baadjie en drag gaan dra, dra hulle normale grootte medaljes op die linkerbors bokant die sakwapen. Op jou baadjie se linkerlapel kom van bo na onder jou rooi 61 MVV messie, jou geel 61 Meg messie as een aan jou toegeken is, jou skietbalkie en heelonder jou naamplaatjie (die geel 61 Meg messie, skietbalkie en naamplaatjie is opsioneel). As jy ook lid van die Moths of ‘n ander veteranevereniging is, dan dra jy jou Moth lapelwapen of ander vereniging se lapelwapen op jou baadjie se regterlapel

Die 61 Meg Veteranevereniging het nie ’n hoofdeksel nie en daarom salueer ons met ’n gestrekte hand op die linkerbors.

Jy hoef nie hierdie amptelike 61 Meg Veteranvereniging drag te dra nie, jy is welkom om by te woon net soos jy gemaklik is.

Burgers Broers en 61 Meg klerasie

As jy nou voor 24 Augustus dringend ‘n 61 Meg Veteranevereniging das wil koop, kan jy van die nuwe voorraad kry wat R100 per das kos en wat teen Saterdogoggend 24 Augustus by die registrasietoonbank by die Oorlogmuseum in Saxonwald aan jou oorhandig sal word

Betaal R100 in die 61 MVV se bankrekening in by:
Rekeningnaam – 61 Mech Battalion Group Veterans Association
Bank – Standard Bank
Tak – Northcliff, Johannesburg
Takkode – 630522 of 006 305
Rekeningnommer – 00 329 366 1
Verwysing – JOU NAAM/61MVV DAS
en stuur bewys van betaling na admin@61Mech.org.za en ons sal sorg dat jou das reg is om opgepik te word voor die parade begin

Jy kan intussen ‘n sakwapen by Burgers Broers bestel nadat jy bestelvorms aangevra het by admin@61Mech.org.za en dit self op jou eie swart baadjie laat opwerk, of jy kan ‘n swart baadjie by Burgers Broers koop saam met die sakwapen wat hulle dan vir jou sal opwerk. Maak net seker jy tref hierdie reelings vroegtydig, want times are getting few voor volgende Saterdag. Bel vir Jacques of Claire van Burgers Broers by 011-782 1055 om seker te maak jou sakwapen of baadjie met sakwapen sal betyds reg wees voor volgende Saterdag as jy beplan om hierdie drag nou aan te koop

Ons dra ‘n kakhibroek (Jontys 07 BARK of iets soortgelyks), wit hemp en swart of bruin skoene as deel van die 61 MVV drag. Dit kan jy by enige winkel koop

61 Mech Veterans Association license sticker

The 61 Mech Veterans Association lisence sticker will be on sale at the entrance at a price of R10 per sticker. You can use it for a lisence disk or as a bumper sticker if you so wish.

The proceeds from these sales will be used to cover the costs of all the activities on 24 August.

Kosreelings

Die Voortrekkerkommando van die Unika Laerskool gaan van 08h00 tot 15h00 sorg vir kos en drinkgoed vir die honger massas en hulle sal gestasioneer wees in die Marriers Wood saal wat net agter die JC Lemmer ouditorium is. Soek maar totdat jy hulle kry, hulle verkoop baie lekker eetgoed en drinkgoed.

Die gedagte is om teen 13h15 ’n ligte middagete van warmbrakke, hamburgers of vetkoeke by die Voortrekkers te koop en dan saam te eet en kuier by die tafels in die Marriers Wood saal. Dis nie nodig om dadelik te verkas na die tyd nie, ons kan nog lekker saam kuier na die tyd.

Skouerskuur by die Steel Helmet bomgat van die Moths in Parkhurst na afloop van die verrigtinge by die Oorlogmuseum

Vir die manne wat na die verrigtinge van Saterdagoggend nog bietjie wil saamkuier, is daar geleentheid om by die Moths se Steel Helmet bomgat in Parkhurst te gaan saamkuier die Saterdagmiddag

You will find the Steel Helmet shell hole at the corner of 2nd Avenue and 16th Street, Parkhurst, Johannesburg and it is not that far away from the Ditsong Museum of Military History:

1. Find your way to Jan Smuts Avenue and turn right into the direction of Rosebank/Hyde Park
2. Follow Jan Smuts Avenue for approximately 5 blocks from Zoo Lake until you reach 7th Avenue (Standard Bank building on the left corner)
3. Turn left into 7th Avenue and follow the road for 6 blocks until you reach 2nd Street
4. Turn right into 2nd Avenue and follow the road for 9 blocks until you reach the corner of 2nd Avenue and 16th Street, Parkhurst
5. You have reached your destination at the Steel Helmet shell hole on your left hand side with the entrance in 16th Street

Documents

    No Documents added

Images