61 Meg Veteranevereniging Kleredrag
Ons dra gewoonlik ons swart baadjie met 61 MVV sakwapen, 61 MVV das, wit hemp, kakhibroek en bruin of swart skoene by die jaarlikse gedenkdiens maar dit is nie verpligtend nie
As jou ledegeld vir die 61 Meg Veteranevereniging op datum is kan jy die volgende 61 MVV klerasie items bestel en ons stuur dit af na jou naaste Postnet toe teen R99 Postnetkostes of as daar nie 'n Postnet in jou dorp is nie teen R99 met Aramex na jou fisiese adres toe
1. 61 MVA Blazer sakwapen – R75 ( Jy moet dit self op jou swart baadjie laat opwerk, en dan kan jy seker maak jou swart baadjie pas perfek by jou nuutste postuur)
2. 61 MVA Das – R120
3. 61 MVA Golf hemp – different sizes R185 ( Jy moet die grootte aandui)
4. 61 MVA Golf keps – R75
5. 61 MVA Naambalkie – R50 (Dit bestel ons apart by ‘n ander verskaffer na ons jou betaling ontvang het, en dit kan ‘n rukkie neem voordat die naambalkie afgelewer word)
6. 61 MVA houtkruis – R50 (Dis vir kruisplantings by gedenkdienste en parades)
7. 61 MVA lisensieplakker – R10 (Jy kan dit vir jou motorlisensiegebruik of agter op jou kar se bumper plak)
Ons dra ‘n kakhibroek (Jontys 07 BARK of iets soortgelyks) en wit hemp, en swart of bruin skoene as deel van die 61 MVV drag. Hierdie items kan jy alles by jou plaaslike winkel koop
As jy gereed is om te bestel, kan jy die totale koopprys van jou items inbetaal plus R99 Postnetkostes/Aramexkostes by die rekening hieronder en bewys van betaling mail na admin@61Mech.org.za sodat ons jou bestelling na jou naaste Postnet of jou fisiese adres kan afstuur
Rekeningnaam - 61 Mech Battalion Group Veterans Association
Bank - Standard Bank
Tak - Northcliff, Johannesburg
Takkode – 630 522 vir kontantdeposito’s of 006 305 vir EFT’s
Rekeningnommer - 00 329 366 1
Verwysing - JOU NAAM/KLERE
Documents
-
No Documents added
Images
-
No Images added