Die eerste algemene jaarvergadering van die 61 Meg Veteranevereniging

Revised: July 21, 2010 Tags:

Die eerste algemene jaarvergadering

Die eerste algemene jaarvergadering van die 61 Meg Veteranevereniging is op 12 Junie 2010 by die Nasionale Oorlogmuseum in Saxonwald, Johannesburg gehou.

‘n Groep van ongeveer 160 veterane het om 09h00 in die JC Lemmer ouditorium sitplek ingeneem vir hierdie geskiedkundige byeenkoms en hulle het spoggerig gelyk in hulle swart baadjies, wit kraaghemde en kaki langbroeke.

Dit was lekker om weer die ou makkers te sien na al die jare wat verby is, en die ou bande is sommer gou weer sterk gesmee tussen die manne.

Ons verwelkom mekaar oor en weer

Tydens die verwelkomingswoord is gevra dat al die veterane wat deel was van 61 Meg tydens die Bosoorlog, moes opstaan en die sittende veterane het toe met ‘n warm handeklap hierdie groep veterane verwelkom by die vergadering.

Daarna moes al die veterane wat by 61 Meg was toe die eenheid by Walvisbaai gestasioneer was ook opstaan en die res van die veterane het toe hierdie manne ook met ‘n handeklap welkom geheet.

Laastens moes die veterane wat deel was van 61 Meg by Lohahtla opstaan en hulle is ook hartlik verwelkom met ‘n handeklap.Hierdie groep is getallegewys die grootste groep wat deur 61 Meg beweeg het, en ons wil graag he hierdie makkers moet veral op die website hulle deel van die geskiedenis met foto’s en stories kom voltooi in die groter 61 Meg legkaart.

Al bestaan die 61 Meg Veteranevereniging uit die drie kinders van Omuthiya, Rooikop en Lohahtla is elke kind vir ons kosbaar en wil ons ruimte skep vir elkeen om tot reg te kom deur die uitbeelding van elke fase se geskiedenis en tradisies op die website maar ook in die uitstallings wat by die Nasionale Oorlogmuseum gevestig gaan word. En dit sal slegs gebeur as die veterane van elke fase eienaarskap neem om te sorg dat daardie fase behoorlik uitgebeeld word.

Boodskap deur die 61 Meg Veteranevereniging se beskermheer

Die beskermheer van die 61 Meg Veteranevereniging, Johann Dippenaar wat ook die stigtingsbevelvoerder van 61 Meg was, het die vergadering op hoogte gebring van die jongste verwikkelinge rondom die vereniging se aksies en doelwitte.

Hy het ook die veterane genooi om betrokke te raak, veral by die skouerskure waar die veterane in verskillende streke in vegspanverband op gereelde tye bymekaar kom om te kuier, te gesels, te netwerk en met mekaar te praat oor die goed wat jy nie met mense oor kan praat wat nie self daar was nie.

Report back by the convenor

Ariel Hugo then gave a comprehensive report back to the meeting on different projects that have been initiated by the 61 Mech Veterans Association so far.

The first project was the appointment of the 61 Mech Veterans Association as custodians of the 61 Mech memorial needle and memorabilia. This appointment was confirmed by general Shokwe, Chief of Army, which paved the way for the move of the 61 Mech memorial needle and the memorabilia to the National War Museum.The needle was inaugurated after this meeting, and the 61 Mech Veterans Association’s museum committee, in conjunction with the National War Museum, is now preparing the first display of the 61 Mech memoribilia in the dedicated 61 Mech museum room.

The second project is the publication of a book about the history and significance of 61 Mech Battalion Group. In this regard we have two well known military writers in Helmut Romer Heitman and Willem Steenkamp on board and we anticipate that this book may be ready for publication in 2013.In the meantime our veterans must submit their stories and photo’s to our website so that these can be incorporated into the 61 Mech book.

The third project is the annual 61 Mech Veterans Association Angolan expedition.On this expedition we visit Windhoek, Tsumeb, Omuthiya, Ondangwa and Oshakati where after we cross the border into Angola at Ruacana to visit the main battle areas of the Border war. This trip is life changing and guarantees to bring peace even where peace was not sought.

Minutes of the meetings

The minutes of the annual general meeting have been posted on our member site, together with the minutes of the executive committee that was held om 11 June 2010. Our members are welcome to peruse these documents and revert to us with their comments.

Documents

    No Documents added

Images