Opname vir 2011 Angola ekspedisie

Revised: November 21, 2010 Tags:

Datums vir volgende jaar se Angola ekspedisie(s)

Die datums vir die Angola ekspedisie(s) wat die 61 Meg Veteranevereniging vir volgende jaar wil reel, sal binnekort gefinaliseer word maar dit behoort in Oktober te wees.

Die reenseisoen in Angola het in die verlede bepaal wanneer die Winterspeles moes plaasvind , en hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde , want die reenseisoen bepaal nog steeds wanneer ons Angola sal kan besoek.

Die roete deur Angola

Die 61 Meg veterane se eerste ekspedisie in Junie/Julie 2009 het ’n roete gevolg wat al die belangrikste plekke van militere belang besoek het , en volgende jaar se roete behoort nie veel te verskil van vanjaar se roete nie.

Die inligting oor vanjaar se roete is elders op ons webwerf beskikbaar , en daar is ’n aparte nuusitem daaroor op die member site wat die daaglikse program vir 2009 se Angola ekspedisie volledig uiteensit , saam met verwysings na die relevante operasies in die omgewing van die plekke waar daar aangedoen is.

Bespreek nou jou plek om teleurstelling te voorkom

Daar het reeds 6 makkers hulle plekke bespreek vir volgende jaar se Angola ekspedisie(s), en dit nog voordat ons dit bekend gemaak het dat ons gereed is om besprekings te ontvang.

As jy volgende jaar wil saamgaan , stuur vir ons ’n mail na admin@61Mech.org.za sodat ons jou naam op die lys kan plaas.

Overlander met plek vir 10 mense

Vanjaar het ons die ekspedisie aangepak met ’n Overlander met plek vir 10 mense , en dit het baie goed gewerk.Alles was ingesluit by die koste van R15 000 per persoon vir ’n ekspedisie van 17 dae.

Volgende jaar behoort heelwat van die paaie in Angola wat vanjaar nog in aanbouing was , voltooi te wees en kan dit die reistyd miskien met ’n dag of twee korter maak.

As jy in die Overlander wil saamtoer, bevestig dit duidelik in jou mail aan ons.Hou net in gedagte dat ons eers die Overlander moet vol bespreek asook nog 10 persone in die toerleier se voertuie, voordat ’n toer lewensvatbaar is.

Ons moet 20 mense op die toer wees, voordat ons kan plek maak vir daardie makkers wat met hulle eie voertuie wil saamry.

Angola is nie vir sissies nie, veral nie die suide van Angola
nie

Op hierdie stadium sal net die dapperste onder die dapperes op eie stoom in die suide van Angola gaan rondry op die plekke waar ons toer aandoen , en sonder ’n Portugese tolk wat verkieslik in Angola gebore is , gaan dit nog moeiliker gaan.

Gaan kyk gerus op You Tube onder “61 Mech Veterans Angolan Expedition 2009” na ’n kort video oor vanjaar se toer , en bespreek dan gou-gou jou plek op volgende jaar se ekspedisie(s).

Documents

    No Documents added

Images